NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 11

21/2/08        4h00

Daarom, My kinders, hou julle by My Woord, sodat niemand mag het oor julle lewe. Ek alleen het julle geskape en die Gees in julle geblaas. Doen My nie ‘n onreg aan om julle siel aan Satan en sy trawante te verkoop nie.

 

Begin jou dag(lewe) in My, dan sal Ek jou lei om My in als te ken. Ek wil net die gewillige hart se ywer herken. Dít is reukwerk voor My aangesig en hoe kan ‘n Vaderhart nie daarvoor swig.

 

Soeter as wyn is My Woord vir dié wat daarna vra, want die bitter daarvan het Ek klaar gedra. Hou jou daarby om net vir My te ly en spoedig sal jy herken dat Ek My na jou, in benouenis, wend. Ek is jou begin en einde. Daarom het Ek bekendgemaak dat jy nie mag verveeld raak met My suiwer Woord aan jou, want waarmee anders kan Ek aan jou siel help bou? Soek eerste My koninkryk, dan neem die Bose se verleiding voor jou die wyk.

 

In donkerte en siele-duister sal die aarde My aanroep om verligting te bring, maar Ek het gesê, net die wat My gevind het sal van blydskap bly sing. Groot sal die nood wees buite daardie kring as Ek My Woord volkome volbring, maar dié wat vooraf al vir My kon lewe, sal slegs na eenheid met My Vaderhart strewe.

 

Eer My in jou doen en late, want anders verval jy dalk ook, totale verlate. Die werke dra waarde voor MY aangesig, want so ontvang jy My Gees se Lig. Hou jou getrou by My Alwyse Raad, dan bly jy vir My ‘n getroue maat na wie Ek My graag wil wend en nie jou behoeftes met ‘n harde oor skend.

 

Eerstens het jy van My uitgegaan. Ek wou jou weg vir jou baan, maar het die keuse aan jou oorgelaat of jy My wou liefhê of jou wend tot haat. Die tweede opsie het jy verkies, omdat die Engel van Lig jou met verleiding kom verknies. Neem My weer aan, Ek bly jou Abba Vader. Hy kon nie jou ongevormde klomp vergader. Jou siel het dan uitmekaar gespat toe jy die dwaalweg hoër begin ag. Daarom moes Ek tot hierdie aarde nader, om weer al Myne daaruit te vergader.

 

Weet jy wat beteken “hulp”? Dat Ek die vrou aangestel het as die Man se “hulp” wat by hom pas? Ek het elkeen in Goddelike Lig gemeet en pas. My hulp was die Liefde, want Sy moes daarvoor ly, dat Ek weer Myne ongerep bymekaar kon kry. Vele sal nou weer verlore gaan, maar nog ‘n ewigheid sal hul laat bekeer met ‘n groter traan. Sion sal My dan ook help bou en in die dieptes na die regte sielsdeeltjies help grou.

 

Diep in jou eie hart, hoor jy My lankal klop in smart. Met verlange wens Ek jy bekeer, want watter beter lot kan jy begeer? Jy bly My kind, van Hemelse oorsprong wat moes huppel en My elke koms verwelkom, maar hoe dig was jou hart gesluit toe Ek Myself verneder het uit die Ewigheid om jou hier te vind in aardse jolyt, dronk van Satan se verleiding en wyn. Liefdeloos het jy na My gekyk en eers in My sterwensuur jou fout gemerk – toe was “die koeël deur die kerk”. Ek het met groter krag teen Satan gestaan en die brug na Myne met geweld oopgebaan.

 

Jy kon jou nie meer argeloos ontruk, want My Gees het in jou hart vasgesit. Daar waar jou gewete op las, jou dade met geweld binne My riglyne pas, het Ek besit van jou hart kom neem om jou nie weer met onkunde te laat vervreem. Hoeveel makliker moet Ek dit nog maak, My kind, vir jou om My in berou en ootmoed te vind? Ek stel vir jou die Weg vas waarop jy met gebed en geestelike vas jou hart tot My kan keer vir ‘n ewigheid met soveel meer.

 

Sou jy in duister wou kwyn terwyl My ander drink van My vlees se wyn? Ek rig jou graag as diensbare kneg op om nie net deel te hê, maar ander voor die deure van verderf te gaan stop. Eenders sal elkeen beloon word, vir die helpende hand en geloof op geen sand.

 

Dank My vir dié genade en wees die hulp wat Ek benodig om by My te pas? Laat die Liefde jou inwy in haar geheime, want daarin word ons van ons eensaamheid bevry – as haar Lig met glans ook in jou begin gedy. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205