NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 14

 

My las is lig, My juk is sag en nou verstaan Myne nie van NAG, maar die tyd kom gou dat net Ek kan laat behou wat ander verloor in nood, so groot.

 

Jahshua roep my in die gees, hou my styf vas en soen my voorhoof met die woorde “want jy wil hê dat Ek by jou moet wees”. Hy wys weer met ‘n uitgestrekte hand en arm na die horison. ‘n Klein helder bal kom aan na die aarde waarop ons staan en spoedig is die bal HELDER lig reg bo ons en verlig die aarde in blinkende glans, asemrowend mooi.

Dít, My kind, is die beproewing en reiniging wat siele in My skoonheid sal tooi. Ek sal sag in die verte My verskyning maak, maar die begeerte na My sal My spoedig nader trek, dat alles, van hoek tot kant blink van My edele Lig(Liefde). Die maatemmer sal weg wees, want wie kan ‘n ster se ligglans verklein?

 

Net aan U, lof en eer, net aan U, lof en eer, want U alleen sal in ons harte regeer. Soek My gou, dat Ek ook jou gemoed met vrede en Lig kan omvou. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205