NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 4

Kom na My en Ek sal jou bewaar in tye van onheil en dood. Niks sal jou skei van My Liefde. Verdrukking, vervolging en swaard sal wees aan die orde van die dag, maar Ek staan elkeen by wat op My wag. Soet sal My woord in hul binneste klink as Ek oor My aarde en die teëstander besoeking doen.

 

Soek My in die reinheid van water, in die helderheid van sonlig, in die klanke van ‘n lofsang en herinner jou daardeur aan My glorieryke Naam. Jy is my hande, My pen op papier en daarom kan Ek afguns en ongehoorsaamheid nie verduur. Konsentreer op My woorde van Liefde aan jou en bly sodoende aan My stem getrou. Lê af jou liggaam en sondig nie meer. Die tyd is verby om herhaaldelik te wil bekeer.

 

Kom nou, My bruid, jou tyd het gekom, dat jy vir My alleen moet blom. Bekoorlik sal jou voete voor My dans as jy met spoed My woord na heinde en verre moet lei. Jou pas sal My verheug, want in jou ywer word My hart verbly. Ek besoek jou nou dag en nag, want daarin lê ons krag. Jy is Myne, die tyd het gekom en elke oog sal hom binnekort verstom.

 

Geval het Egipte en daarna Babilon tesaam, ter wille van My ewige Naam. Die aarde sal sy vuurpoele oopmaak om meer as rook die atmosfeer in te blaas. Jul het al hiervan gelees, maar Ek sê weer, geweldig sal wees, die val van die reus.

 

Ter wille van My aardse geslag sal Ek dit maak, nie baie lank nag, maar geen steen sal ongerep bly – daar waar My volk so bitterlik moes ly. Ek praat al lank met afgodsdienaars en roep al harder – kom! Die tyd is byna verby vir vergewe, want verdoemenis is skielik aan’t kom.

 

Ek praat nog altyd deur knegte en roep hul tot My – waarheidsgetrou, maar nog kom daar valses wat My werk wil verbrou. Let op na My Gees in jou, My kind, want net daarin sal jy die waarheid vind. Ek bemin elkeen wat Sy kontak met My wil bewerk en sal so elkeen binnekort versterk. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205