NATUURKATASTROFE
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 7     

19/2/2008     2h57

Jou krag is vandag in My hand, My volk. Ek maak en breek, versamel en seën, bekeer en beheer die voorsiening van dié wat na My vra. Ek het jul skuld gedra en kom maar net toewyding vra. Sekerlik is jy steeds oop vir ly, maar nie sonder om My te belei. Ek versterk jou en neem jou Gees in My arms om jou voorhoof te kus as die vyand jou raak. Pyn sal jou dan nie traak.

 

11h58

 

Ek het gekom om jul harte vir My te reinig. By My bly jul veilig al skud die aarde se fondamente en bloei die lug in pyn. Ek dra My bemindes selfs in hul slaap om te ontwaak in ‘n algeheel nuwe staat – Een met My.

 

Kom staan in hierdie ry, my vriend, want dis voorwaar ‘n grootse voorreg – so onverdiend. Die hemele sal ons binnekort geopen sien as ons deemoedig ons in Sy versorging verbly. Ek roep jou vir ons Meester, kom gou! Ons sal dit nie ‘n oomblik berou.

 

Dra dié woorde in jul harte, My volk, want Ek is reeds teenwoordig in die wolk wat jul omvou met beskerming. Bring die ander na My nader, sodat Ek met spoed My koring kan vergader. Die oestyd breek aan en jul ken nou al My baan. Verheug jou as harte ontvanklik luister, want dan bevry jy hulle uit duister. Sing voor My aangesig, My volk, want My hart verheug Hom nou uitermate in jou.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205