Julle moet wedergebore word, deur Abba Vader
MARIETHA NEL

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

Hoofstuk 8
Wedergeboorte en gehoorsaamheid
30 Oktober 2007 om 10h17
MY kinders, word stil en hoor MY stem, die wêreld hoor MY nie, maar julle hoor MY. Laat EK nou begin;
 
Vandag is dit oor gehoorsaamheid. Julle gehoorsaamheid aan MY twee hemelse gebooie. Alles hang van die twee gebooie af, om MY en jou naaste lief te hê.
Sonder die twee gebooie kan julle nooit iets bereik nie. Bepaal jou gehoorsaamheid en doen die twee liefdeswette sodat jy daardeur die tot vrye lewe kan kom. EK het die twee wette vir julle gegee tot absolute vryheid en wanneer jy dit gestand doen, sal jy vryraak en vir altyd en ewig vry wees.
Vryheid is MY wette, liefde is die grootste vryheid, EK wil julle vry sien soos die arende. Julle moet MY met vrye harte bemin. MY twee gebooie is nie gegee sodat julle dit ‘moet’ gehoorsaam nie, gehoorsaam dit net as julle dit wil en waar en vry in julle harte voel.
Deur die vrye liefde sal julle geloof vermeerder tot ’n sterk stroom wat vloei en vloei. Dit sal julle absolute vreugde en vrede wees. Dit sal gebeur as julle gehoorsaam is aan MY twee wette van die liefde.
Amen. Luister goed. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205