Julle moet wedergebore word, deur Abba Vader
MARIETHA NEL

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

Hoofstuk 3
Wedergeboorte en bid
26 Oktober 2007 om 13;32
Bid tot MY sodat julle die volmaakte liefde kan kry. Net EK kan die liefde in jou hart vermeerder sodat jy volmaak kan word in MY. Bid sodat elkeen kan bereik wat jy en ander al bereik het, en nog baie meer kan jul bereik deur tot MY te bid en op MY te vertrou.
Laat die wêreld raas, julle wat MY GEES besit, waak en bid, want die tyd is naby. Dra mekaar met julle gebede, want dit is kostelik en hooggeag in MY oë.
Dra mekaar se laste en EK sal julle laste dra.
MY kinders, EK wil hê dat julle MY in alles navolg. EK het gebid, doen julle dit ook. Die VADER trek julle na MY netsoos EK julle na die VADERHART bring.
Volg MY in diens van jou naaste en wees nederig soos wat EK nederig is. Wees ook van ganser harte sagmoedig en deemoedig, sodat MY beeld in julle volmaak kan word. Dit alles kan julle bereik deur in die liefde van julle harte te bid.
Laat julle harte ontbrand van liefde vir MY, en julle sal MY aanskou. Liefde in julle harte is kosbaar, want dit was julle sondes weg. MY kinders, bly nederig en in die diens vir jou naaste.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205