Julle moet wedergebore word, deur Abba Vader
MARIETHA NEL

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

Hoofstuk 4
Wedergeboorte en MY liefde
27 Oktober 2007 om 10h10
Vandag gaan ons praat oor MY liefde wat julle die hoogste vlak wil laat bereik. Dit sal kort wees, omdat julle baie van MY dinge nog nie kan verdra nie.
Soos julle al gehoor het, het EK julle onberekenbaar baie lief. MY liefde is volmaak en EK wil graag hê dat sommige van julle ook volmaak moet wees. Julle sal dit almal eendag wees, maar nie almal kan dit op aarde bereik nie.
Baie van julle wat te swak is, neem EK weg, sodat hulle in die RYK van die Geeste kan verder streef na MY. Ook daar help EK hulle. Moet nie hartseer wees en dink almal is verlore wat nog nie wedergebore is nie. EK is ’n liefdevolle VADER, wat die swakker kinders wegneem na ’n plek waar EK hulle nog kan help.
 
Maar daarmee terug na julle: EK is altyd by julle. EK streef vir julle, EK red julle keer op keer as die satan ’n aanslag teen julle maak. EK is naby, in en om julle, EK beskerm julle omdat EK julle so liefhet.
Werp alles in die stryd en streef na MY, EK sal julle verhoor en met MY liefde aanraak. MY barmhartigheid is gespaar vir die wat regtig na MY streef en hul lewens probeer regkry. Daarmee genoeg vir vandag.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205