Julle moet wedergebore word, deur Abba Vader
MARIETHA NEL

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

Hoofstuk 5
Wedergeboorte en die “eie ek”
28 Oktober2007 om 07h01
MY kinders, EK wil julle op die hart druk om stil te wees en MY te soek. Laat die wêreld raas, maar wees julle stil. Vandag begin ons;
MY kleine, jy sing baie keer in jou hart; ‘Laat U beeld al meer in MY tog gestalte kan verkry‘. Nou gaan EK vandag meer vertel oor die nuwe oordeel van julle vlees.
EK het gekom om vir julle te sterf en daarmee het EK die ou oordeel, wat die dood van alle vlees is, kom vernietig. Maar daar is vir julle ’n nuwe oordeel. Wees nie bang dat dit nog ’n dood is nie, dis net die dood van jou ou ‘ek’. Dit is ook ’n dood, maar dis die dood tot die ware vrye lewe in MY.
Verstaan dit nou soos wat EK dit sê, streef om jou eie ‘ek’ af te sterf, sodat EK jou lewe kan wees en jy kan sê; ‘Nou leef ek nie meer nie, maar die VADER in my’. Begryp julle die volle vryheid wat dit teweeg gaan bring?
Jy behou jou individualiteit, maar word vir ewig opnuut gebore om te wees soos wat EK is, vir ewig en altyd een met MY. MY kinders, streef daarna om te bereik wat EK nou gesê het. Julle kan dit alleenlik bereik deur MY twee hemelse wette in ag te neem.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205