Julle moet wedergebore word, deur Abba Vader
MARIETHA NEL

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

Hoofstuk 2
Wedergeboorte en naasteliefde
Laas het EK nog vir julle verduidelik hoe julle in die hemel sal woon. Vandag kyk ons hoe julle dit kan bereik. Word stil in julle harte, dat EK kan begin;
 
EK begin vandag deur te sê dat julle selfloos en opofferend moet wees, want daarin lê die ware naasteliefde opgesluit. Deur almal in MY lief te hê, bereik julle al ’n baie hoë graad in die RYK van die Gees.
Vandag gaan ons verder en kom by ’n vers in die Skrif, wat sê; ‘Julle moet mekaar liefhê, soos EK julle liefhet (Johannes 15;12).’
Dit beteken ook dat julle mekaar moet liefhê as gode uit MY. EK is immers die HOOFWOORD en julle die baie woorde uit MY. So moet julle mekaar liefhê, elkeen die ander bo homself. Waarlik, so ’n liefde sal beloon word deur MY! Amen.
In MY is julle almal, soek jou naaste in MY, nie MY in jou naaste nie. As julle julle naaste as ’n god kan liefhê, het julle die naaste in MY eers volkome lief.
Het MY lief bo-alles, en jou naaste in MY, MY kinders, let op MY woorde en leer leef. EK vra julle om MY te dien. Deur MY bo-alles lief te hê, dien julle MY. En as julle julle naaste naas MY, in MY liefhet, dan het MY liefde in julle volmaak geword.
Oorweeg MY woorde in julle harte, en luister goed!
Amen.
Aanhangsel
MY kind, daar is iets wat jy nog nie verstaan het toe EK dit vroeër vir jou gegee het nie.
Dit is naamlik dat EK gesê het, dat as julle julle naastes in MY liefhet, is julle al baie gegoed in MY RYK. Maar toe sê EK ook dat julle julle naastes nou as gode uit MY moet liefhê, dan is julle volkome vol liefde in MY. (MY kind dit is as jy ander bo jouself liefhet, dan is hulle in jou oë gode uit MY).
Wat EK daarmee bedoel het, was dat julle al julle naastes in MY liefhet, maar nog nie soos gode uit MY nie. Doen dit, en jy sal verstaan wat EK hiermee bedoel.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205