Julle moet wedergebore word, deur Abba Vader
MARIETHA NEL

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

Hoofstuk 6
Wedergeboorte en dankbaarheid
29 Oktober 2007 om 11h58
Gister het julle MY gesoek, wees stil sodat EK kan praat;
Vandag gaan dit oor MY seëninge wat so milddadig op julle uitgestort word. EK wil hê dat julle alles wat EK gee, aanvaar en altyd dankbaar wees.
’n Dankbare hart is hoog geag deur MY en so iemand sal EK salf as koning. Julle moet weet van al MY seëninge, geestelik of aards. Alles wat julle tot seën strek, is uit MY.
Neem dit aan en EK sal jou weer en weer seën, omdat die dankbaarheid van jou hart vir MY kosbaar is. Nou wil EK ook sê dat julle altyd hoër en hoër moet streef; streef met MY, wees dankbaar vir elke goeie gawe en jy sal jou doel op aarde bereik.
MY kinders, dit was MY woorde vandag oor julle wedergeboorte. Gee ag daarop. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205