Boek 27 - Die Onse Vader
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

ONDERWERPING VAN DIE WIL ONDER GOD SE WIL
B.D.7892 - 3 Mei 1961
Ek verlang van u volkome onderwerping onder My Wil. Want sodra u heeltemal in My Wil opgaan, sal u nie anders kan dink en handel soos dit My Wil is en dan sal u ook lewe tot welgevalle van My. En dus sal u uself aan My moet oorgee, u sal alles moet aanneem as deur My aan u opgelê of gegee, u sal by alles wat u meemaak, My Hand sien wat u lei en weet dat alles sin en doel het, dat alles by die weg van u lot hoort, wat u rypwording ten doel het en gegrondves is in My Liefde en Wysheid.
Dan sal u nie meer mor en kla nie, dan sal u uself deemoedig buig en u as `n kind deur die Vader laat lei, wat nie anders as goed en liefdevol teenoor u kan handel en aan wie u uself daarom ook kan toevertrou in elke nood van die liggaam en die siel.
Maar u wil wend homself eens van My af - wanneer u uself nou weer vrywillig onder My Wil plaas, is die terugkeer na My ook voltrek en u hoef u in die aardse lewe slegs nog maar so te vorm, dat die aaneensluiting met My kan plaasvind, wat `n hart vereis vol van liefde, wat homself met die ewige Liefde verenig en die definitiewe terugkeer as kind na die Vader is voltrek.
Maar die plaas van die wil onder die van Myne verseker u ook alle hulp van My kant af, dat hierdie aaneensluiting met My bereik word, want Ek Self verlang na u, My skepsele, dat u as kind na My as u Vader sal terugkeer. En omdat Ek alles, die gehele skepping, terwille van hierdie terugkeer laat ontstaan het, sal Ek ook steeds bereid wees om hierdie terugkeer te bevorder, Ek sal dus op elke wilsuiting van u ingaan en waarlik op seënryke wyse, wanneer dit My geld.
En u sal dan ook steeds My Wil in u herken, u sal doen wat nuttig is vir u siel, u sal aan uself werk en u ver hou van alle sondige verlange, u sal stry teen alle versoekinge van die vyand, van u siel en ook standhou, omdat u krag van My ontvang deur innige oorgawe aan My. Dan sal u aardse lewe waarlik nie nutteloos wees nie, omdat u die sin en doel hiervan insien en ook u taak op aarde vervul: Om geestelik ryp te word.
Dog u sal nog moet worstel tot aan die einde van u lewe op aarde, omdat My teenstander u nie so maklik sal opgee nie, omdat hy steeds nog glo om u te kan terugwen en omdat hy daarom ook nie sal ophou om u in die noute te bring nie. Maar die wil na My toe verseker u ook die toevoer van krag, want Ek laat My kind, wat homself van die teenstander afgewend het en na My gevlug het, nie meer in sy hande val nie, omdat hy My herken het as sy God en Vader van die Ewigheid.
Wees daarom nie bevrees, dat Ek u ooit sou kan verlaat nie, vrees geen gevoelens van swakheid wat u steeds weer sal oorval nie. Ek Self waak oor u en beskerm u teen die terugval na die dieptes. Ek sal nie duld dat die teenstander mag oor u kry nie, Ek sal steeds aan u sy wandel, ook wanneer u My nie sien nie - om u te beskerm en te behoed teen elke onheil wat u bedreig van die kant van My teenstander.
Hy kan u geen skade meer berokken, sodra u die terugweg na My gevind het nie, wat bewys word deur die na My toegewende wil. Want u aardse lewe is slegs nog geestelik gerig, u maak u deur u wil los van dit wat aan My teenstander behoort, ook wanneer u nog midde in u aardse werkterrein staan en u uself daarin sal moet bewys.
Alle krag kom nou van My na u toe en bind u steeds vaster aan My. En My teenstander het geen reg meer op u nie, omdat u vrywillig na My teruggekeer het en u wil nie gedwing kan word nie. En daarom kan geen mens verlore gaan wat in My glo en op My aanstuur deur middel van gedagtes of deur werke in liefde, wat steeds die wil na My vooropstel en aangetoon word deur die deurstane wilsproef op aarde. Algehele oorgawe aan My sluit ook die volledig plasing van uself onder My Wil in, en dan behoort u aan My en Ek sal u ewig nie meer opgee nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205