Boek 27 - Die Onse Vader
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

EN VERGEWE ONS ONS SKULD
B.D.5428 - 4 Julie 1952
Vergeef mekaar soos Ek u vergewe. By u mense het die vyandskap nog te dikwels die oorhand, u kan u vyande nog geen liefde gee en hulle die skuld vergewe nie; u is nog vervul van toorn jeens hulle, u wens hulle niks goeds toe nie, selfs wanneer u uself weerhou het teen toewensing van die slegte. U beoefen nie die geduld nie en werk u op as u beledig word en daarom leef u nog lank nie vanuit die navolging van Jesus nie.
Die liefde in u het nog nie so magtig geword, dat dit geen ruimte meer oorlaat vir `n vyandige gedagte nie. U sien nie u broeder in die naaste nie, anders sou u hom vergewe het en `n krenking nie so swaar voel nie. En tog moet Ek u u skuld vergewe, wat tog teenoor My net so vyandig doen, omdat u andersins sonder skuld sou wees. My Liefde vir u is oorgroot en die ernstige vraag om vergewing van u skuld laat u vry word van u skuld. En nogtans moet Ek u `n voorwaarde daarteenoor stel, dat u ook u skuldenare vergewe as u My vergewing wil verkry.
Ek moet dit daarom doen, omdat u tog die vaste voorneme moet opneem om die sonde nie meer te doen nie, en omdat vir die voorneme, ook die liefde in u moet wees tot die naaste, wat teenoor u skuldig geword het. U moet u naaste liefhê soos uself. U moet hom die sondeskuld nie kwalik neem nie, want geen enkele vyandige gedagte is geskik om wederliefde te wek nie, terwyl die liefde wat u u vyand betoon, ook `n opwelling in hom sal wek wat positief te beskou is.
Elke verkeerde gedagte aan `n mens word deur slegte kragte opgeneem en op hom oorgedra, en dit kan geen goeie uitwerking hê nie, omdat kwaad slegs kwaad voortbring en dit daarom steeds maar net met kwaad vergeld word, wat die krag van die bose vinnig vermeerder en daarom dus negatief werk.
Maar u moet die goeie teenoor die bose stel om dit te verswak en dit wat boos is ten goede verander. U moet goeie gedagtes uitstuur en ook u vyande maar net die goeie toewens, omdat u daardeur die slegte kragte verjaag, omdat die goeie gedagtes `n verlossende uitwerking het, dus wrok en haat versag, weer goeie opwellinge wek en selfs in staat sal wees om die vyand te verander tot vriend, omdat die krag van die liefde steeds `n goeie uitwerking het.
Daarom sal u dan eers vergewing by My vind, wanneer u ook u skuldenare vergewe het, want hoe kan Ek sag wees teenoor u wat nog streng oordeel en vyande het, omdat u self die vyandskap in stand hou? Wanneer My liefde u u skuld vergewe, laat dan ook u liefde toegewendheid betrag. Dink in `n gunstige sin oor u vyande, vergeef hulle wat u beledig het, laat steeds die liefde in u oordeel en sy sal verseker wil vergewe, want waar liefde is, kan haat - en wraakgevoel nie bestaan nie, waar liefde is, is Ek Self en Ek oordeel waarlik nie liefdeloos nie, Ek vergeef u u skuld soos u u skuldenare vergewe.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205