|
Boek 27 - Die Onse Vader BERTHA DUDDE
Hoofstuk 13
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15. |
|
|
BEHOED ONS TEEN BEKORING EN VERLOS ONS VAN DIE BOSE B.D.3257 - 16 September 1944 Behoed ons as ons bekoor word. Lei ons as ons bekoor word, so moet u altyd bid, wanneer die wêreld dreig om u van u geestelike strewe af te bring en u in gevaar is om `n prooi te word van die prikkels daarvan. Want dit is `n versoeking wat oor u kom om u wil te beproef, dit is `n versoeking waaraan u altyd blootgestel is, omdat u weerstand beproef moet word en wat u egter steeds kan deurstaan as u onder God se hoede vlug, as u Hom aanroep om krag om te weerstaan. Die teenstander trag om u steeds weer van God te vervreem en sy middele is gevaarlik, want dit is aangenaam vir die sinne van die mens en daarom vra dit steeds `n stryd van die siel om hom te weerstaan. Maar God se hulp is vir u ook verseker, as u uself aan Hom toevertrou en om Sy leiding vra. AMEN
|
|
|
|
|