Boek 27 - Die Onse Vader
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

WAAK EN BID SODAT U NIE IN BEKORING KOM NIE
B.D.4662 - 16 September 1944
U moet waaksaam wees en bid, sodat u nie in bekoring kom nie. Daar is `n onophoudelike stormaanval teen u wat My trou wil bly, van die kant van My teenstander, wat u van My Wil vervreem. Hy wend alle middele aan en nie in die minste sal hy skroom om u onbekwaam te maak om die verbinding met My tot stand te bring nie, sodat hy `n maklike spel het, sodra u swak is. Hy loer op geleenthede om u tot `n val te bring en slegs hy wat `n sterk wil het, wat steeds `n innige gedagte na My toe kan stuur om hulp, sal nie voor hom beswyk nie.
Roep My aan in elke nood van die liggaam of die siel, dit noem Ek bid en waaksaam wees; rig u gedagtes omhoog waarheen hy nie kan volg nie en ontvlug hom verseker en begewe u in My hoede.
Hy sal met alle geweld trag om u aan die aarde te kluister, aan dit wat sy deel is en tot sy ryk behoort; hy sal u van My afvallig wil maak, ontrou aan geestelike strewe, hy sal twyfel in u strooi en u gedagtes in die war wil bring deur nood en verskrikkings, sodat u nie meer die weg na My kan vind nie, sodat u versink in die aardse en My vergeet.
Waak en bid en maak u los van hom wat My teenstander is en bind u meer en meer aan My, wat u Vader is van die ewigheid af en wat u waarlik iets mooier kan bied as hy. Waak en bid, want die verleier is voortdurend om u heen en trag om u te vang; wie oplettend is, herken hom en kan hom ontvlug. En wees blymoedig en vrolik dat u My as voortdurende Beskermer om u het, tot wie u uself sal kan wend, wanneer daar vir u gevaar dreig; want Ek hoor die sagste roeping wat uit die hart kom en staan u by dat u in die stryd teen hom seƫvier.
Maar wie te veel vertrou op homself en sy eie krag en meen dat hy My hulp kan ontbeer, sal die onderspit delf, hy oorskat homself en dink nie aan die krag van die teenstander, wat sterker is as hy nie.
Met My sal u oorwin, maar sonder My sal u beswyk en aan elke versoeking ten prooi val. Maar om met My te gaan, beteken om My teenwoordigheid toe te laat deur gebed en werke van liefde. Dan is u gevrywaar teen alle inmenging van die vyand, dan is hy magteloos teen u, want dan moet hy stry teen My, wat heelwat magtiger is as hy.
Waak en bid en hy het elke aangrypingspunt kwytgeraak, hy sal u vermy, omdat u dan in die lig staan wat My nabyheid uitstraal en wat vir hom onverdraaglik is.
Roep My aan in elke versoeking en Ek sal steeds by u wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205