Boek 27 - Die Onse Vader
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

ONSE VADER, WAT IN DIE HEMEL IS, IS GOD – VADER
B.D.5481 - 6 September 1952
Laat Ek vir u geen veraf God wees nie, wat u slegs op bepaalde tye aanroep om hulp nie, soos wat menslik uitgevaardigde voorskrifte dit vereis, maar roep My te alle tye na u toe, laat My steeds in u nabyheid wees, sien in My die Vader, wat met innige Liefde na Sy kinders verlang en spreek tot My soos `n kind wat tot sy Vader spreek, sonder vrees, vol vertroue en eenvoudig, sodat My Hart kan geniet van die gestamel van die kinders.
Eers wanneer u mense My nie meer in die verte soek nie, eers wanneer u My nabyheid voel, is die korrekte band met My tot stand gebring, wat nou ook die gevolge het: Die inwerking van My liefde op u wat My kinders is en wat ook van hulle kindskap gebruik moet maak. Dan sal u nie meer eensaam oor die aarde gaan nie, dan het u die trouste Vriend en Helper aan u sy, dan sal u reg Ieer dink en u aardse lewe ook reg benut, omdat Ek u nou instruksies gee, wat u as `n gedagte opneem en daarvolgens handel, want `n goeie kind doen wat sy Vader van hom verlang.
Leer in My die Vader sien. Want Ek wil deur u bemin word, maar nie slegs as God gevrees word nie. Dan sal u gebed ook so wees, dat Ek dit kan verhoor, omdat liefde en geloof daarin tot uitdrukking kom. Maar u kan nie so innig spreek tot God, soos wat u tot die Vader sal kan spreek nie. U spreek dan slegs, soos u dit volgens tradisie geleer het, soos die geloof van die kerk dit vir u voorskryf en dit kan te maklik net `n vorm bly, `n gebed wat nie in gees en in waarheid na My opgestuur word nie.
Ek verhoor nie die gebede met die lippe nie, Ek wil as Vader deur My kinders aangespreek word, Ek wil die hart hoor spreek, waarna Ek My dan ook vol liefde oorbuig en aan die versoeke inwillig.
U mense sal wel eers `n God en Skepper van die Ewigheid moet leer raaksien, sodat in u die geloof ontwaak, maar dan moet die geloof lewend word deur die liefde, u sal God moet leer liefhê as u Vader en dan sal daar geen dooie of vormlike verhouding (vormgodsdiens) meer tussen ons wees nie, dan bring u die innige verbinding met My tot stand wat Ek van u vra om u met alle Liefde te kan omvou.
Dan het u `n groot tree geneem op die weg na die voleinding en dan gee Ek u nooit meer op nie en My sorgsame Vaderliefde lei u na u doel.
As My ware kinders betrek u die ewige Vaderland, u Vaderhuis, u aanvaar die erfenis van die Vader, u sal kan skep in lig en krag, net soos Ek en in My Wil en u sal onbeskryflik geluksalig wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205