Boek 27 - Die Onse Vader
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

U NAAM WORD GEWY
B.D.1849 - 15 Maart 1941
Heilig word U Naam - dit moet u met diepe aandag uitspreek en u elke dag voor oë hou, hoe oorweldigend die liefde is van Hom wat u die lewe gee - en hoe Sy Gees in u is as u met Hom verbonde is. U moet tot Hom bid, met Hom spreek in diepste geloof, u moet die geloof aan Hom bely, deurdat u Sy Naam noem, Hom aanroep in gebed, Hom loof en prys en Hom dank sonder ophou.
En as u Sy Naam uitspreek, moet u daarvan bewus wees dat u met die hoogste en volmaakste Wese spreek, wat u in die diepste verering moet nader, vraend om Sy liefde en barmhartigheid. En as u bewus word hoe klein en nietig u is teenoor Hom, as u in stille eerbied u oë ophef na Hom, en u nou aan Hom toevertrou, dan sal u Sy Naam in die diepste innigheid uitspreek, dit sal vir u die gewydste beteken en deemoedig sal u u knie vir Hom buig. Want die Heer wil dat u ook van Sy Naam melding maak, Hy wil dat u Hom teenoor die wêreld bely.
Dit is nie voldoende dat u Hom slegs in u hart erken en maar stilweg met Hom in verbinding tree nie. Dit moet openlik in die openbaar bekend word, dat u aan Hom wil behoort, gelowig en moedig moet u Sy heilige Naam uitspreek, u liefde vir Hom bely en standhou teen alle versoekinge van buite af, om dit te verloën.
Die uitspreek van die goddelike Naam is uitermatig ryk aan seën, want Sy Naam berg krag in Homself en elkeen kan homself hierdie krag sy eie maak wanneer hy homself aan Hom toevertrou en in volledige innigheid Sy Naam noem - deurdat hy innig bid "Gewy word U Naam".
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205