Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DOEL VAN DIE TYD VAN NOOD. TROOSRYKE EN BEMOEDIGENDE WOORDE
B.D. 3388 - 1 Januarie 1945
Vrees nie as die groot nood oor u kom nie, slaan veeleer u oë op na My in volle vertroue dat Ek u help. En Ek wil u onder My hoede neem en al u skrede lei, sodat u u doel sal bereik. Wie in My glo, sal nie deur die leed terneergedruk word nie, omdat hy `n vaste skuiling vind in My, omdat Ek hom tot steun is en hom krag en sterkte verskaf. Nooit sal hy homself verlate voel nie, nooit sal hy eensaam wees nie, want hy voel My steeds naas hom en dus steek hy die hand na My uit, as hy vrees dat die grond onder sy voete wil wegsink. En Ek hou hom vas en rig hom op. Wees daarom nie bevrees vir die tyd wat u tegemoet gaan nie, wag dit veeleer rustig en kalm af en berei u daarop voor, deurdat u uself steeds inniger met My verbind en u geloof sterk word deur gebed en werke van liefde. Want beide lewer vir u barmhartigheid op en dit kom in `n onwankelbare geloof tot uitdrukking.
Die besit van `n sterk geloof is `n barmhartigheid, waarvoor u altyd deur gebed sal kan vra. Daarom is die gebed ook die eerste wat u sal moet aanwend, sou u vir uself krag en barmhartigheid wil verkry. En is u in die besit van krag en barmhartigheid, van `n sterk en onwankelbare geloof, dan sal die komende tyd u geen skrik aanjaag nie, dan sal u alles aan My oorlaat wat vir u sorge baar, en u sal vry word van alle angs, omdat u weet dat Ek aan u sy staan en dat u niks kan oorkom in My nabyheid nie.
Maar die tyd van nood is onafwendbaar vir die mensdom, wat die weg na My nog nie gevind het nie of My nie wil erken nie. Die komende nood moet die mense na My lei, hulle moet aangespoor deur u voorbeeld, ook hul hande na My ophef, hulle moet My roep en My as hul Begeleier kies, as hul Leidsman, aan Wie hulle hulleself toevertrou in ure van gevaar en aan Wie hulle om Sy beskerming vra. Ek sou ook hulle helpend wil bystaan, maar nie voordat hulle My roep nie, kan Ek hul My hulp ten deel laat val nie, omdat hulle geloof in My moet verkry voordat Ek My teenoor hulle kan uiter. Want om hulle sonder die geloof by te staan, sou doelloos wees en sou hul siel geen voordeel oplewer nie. Dog terwille van hul siel laat Ek die nood oor die mense kom, want hierdie siele is in groot geestelike benoudheid, hulle is in gevaar om hulle aan My teenstander te verloor en Ek kan hulle nie deur dwang terugvoer na My nie, hulle moet inteendeel self die weg na My vind. En die bedoeling van die komende nood sal wees, dat hulle My roep en Ek My nou tot hulle kan wend.
Maar u wat in My glo, moet hierdie tyd van nood nie vrees nie, want Ek kan te alle tye nader aan u kom en u gee wat u nodig het. Krag en barmhartigheid, geestelike en aardse spys. Ek kan u help in elke nood van die liggaam en die siel. Ek kan u elke leed help dra en altyd aan u My bystand verleen, omdat u in diepe geloof in My die hande biddend tot My ophef en Ek as u Vader u steeds kan bedien na u geloof
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205