Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

"KOM ALMAL NA MY TOE WAT UITGEPUT IS EN ONDER LASTE GEBUK GAAN, EK SAL U VERKWIK"
B.D. 6137 - 16 Desember 1954
U almal wat u in kwelling en nood bevind, verseker Ek My hulp, as u maar u weg na My neem, wanneer u in u toestand van benoudheid aan My dink, wanneer u na My toe kom. U moet glo dat Ek u kan help en wil help, en met dié vertroue tot My kom, op My verlaat, en aan My belofte dink, dat Ek u sal gee wat u afsmeek. Niemand sal My verbygaan wat geen troos en krag van My ontvang het nie, as hy maar vol geloof tot My bid, as hy na My toe kom en by My hulp vir homself verwag om te verkry. Ek ken u nood goed, maar tog vra Ek u dringend, dat u uself aan My toevertrou, omdat Ek u eers dan kan help, wanneer u My daarom vra, wanneer u die weg na My gevind het, want dit is My doel om naby u te wees en u om die rede daartoe te bring dat u met My verbinding soek. Eers as u uit eie wil u met My in gedagtes verbind het, wat gebeur deur innige gebed tot My, het Ek dié doel bereik: Die erkenning van My Self as God en Vader van ewigheid, Wie u eens geweier het en waardeur u daarom ongelukkig geword het.
Steeds sal Ek tot u sê: "Kom na My" of ook "vra, so word u gegee" of "roep My aan in nood", omdat dit steeds My Wil is dat u uself met My verbind. Dan eers kan Ek My regte op u laat geld, dan het u uself allerweë aan My oorgegee en dit beteken vir u `n losmaak van My teenstander. En dan sal u ook begryp waarom Ek u so graag in nood en benoudheid laat beland, waarin dit steeds alleen `n uitweg is dat u My aanroep om hulp, as u uself nie heeltemal aan hom oorgee wat u na benede trek nie, wie u dan ook help, maar op `n manier wat u duidelik skade berokken, want hy verlang u siel daarvoor. Hy sal u aards alles laat toekom, maar in die plek daarvan sal u die lewe van u siel verloor, want u raak steeds meer in sy mag, u sal alleen nog maar aards materiële gedagtes hê en My volledig vergeet, u sal My verloën en hom opnuut as u Heer erken - en dit sal met u goed gaan op aarde, maar u sal verlore wees vir ewige tye. Verlang nie na die welsyn op aarde nie, kom inteendeel na My toe in u benarde toestand en Ek sal u waarlik gee wat u nodig het vir liggaam en siel. U sal nie spaarsaam behandel word nie, want My Liefde deel ryklik uit, alleen egter wat u siel tot heil strek, maar Sy sal ook aards altyd vir u sorg, soos wat Ek dit vir u beloof het. U hoef nie in nood te wees nie, want u het `n Vader in die hemel, Wie alleen maar verlang dat u uself tot Hom wend in u hart en Wie dan ook vir u sal sorg, net soos vir kinders aan wie Hy niks weier nie, buiten dit wat hul skade toebring - maar u sal vrywillig na Hom toe moet kom.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205