Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DINK AAN DIE EINDE
B.D. 6439 - 30 Desember 1955
Tot alle mense rig Ek dieselfde aansporing: Dink aan u einde. Want dit is vir u almal beskore: U almal sal vereers, met een op `n natuurlike manier van wegroep van hierdie aarde af, moet reken, wanneer u uur gekom het. Maar baie van u wat Ek nie in die hande van My teenstander wil laat val nie, sal voortydig die aardse lewe moet verlaat, omdat hul weerstandskrag nie sterk genoeg is om teen sy benoudhede in die laaste tyd stand te hou nie. Maar ook die mense wat die einde deurmaak, moet rekening hou met `n korter lewensduur as wat hulle ooreenkomstig hul natuurlike toestand aanneem, want die einde is vir u baie naby. En u, mense het almal nie so ryp geword dat u sonder bedenkings op die einde sal kan reken nie. En daarom spoor Ek u almal aan, met die oog op die naderende einde, om nog ywerig aan u siel te werk. Ek spoor u aan om bewustelik te lewe en geen dag verby te laat gaan, waarin u nie `n daad van liefde volbring het nie, waarin u nie u siel iets aangebied het wat haar help om opwaarts te gaan nie. Ek spoor u almal dringend aan om My woord in ontvangs te neem, u deur My te laat aanspreek, om met My Woord ook krag in ontvangs te neem wat u kan help om hoër te gaan.
Leef nie alleen u aardse lewe nie, maar verdiep u elke dag minstens `n keer in My woord, hou `n kort tydjie `n samespraak met My en beveel uself aan My en in My barmhartigheid aan. `n Innige gedagte aan My is al vir u siel `n lafenis en as u My woord in stille aandag lees of hoor, besorg u aan die siel voedsel wat haar verseker sal help om ryp te word.
Ek spoor u mense slegs aan om bewustelik te lewe en daaraan te dink dat u lewe nie lank meer sal duur nie en dat u u siel `n draaglike lot besorg na die dood van u liggaam. Laat die tyd wat u nog bly tot die einde, nie verloop nie, laat dit nie onbenut vir u siel verbygaan nie; en u ken u siel alleen dan, wanneer u uself oorgee aan geestelike gedagtes, wanneer u uself in gedagtes verbind met u God en Skepper van ewigheid, Wie u aller Vader is, Wie u in Sy ryk sou wil opneem, maar waartoe u eie wil noodsaaklik is: Om die siel `n toestand te besorg wat haar toelaat om My Ryk binne te gaan.
Daarom spoor Ek u steeds weer aan: Dink aan die einde. Solank u midde in die lewe staan, weer u hierdie gedagte steeds af, omdat u nie weet dat u na dese `n uitermatige geluksalige lot beskore kan wees nie. Maar My Liefde wil vir u `n geluksalige lot berei, daarom weerklink hierdie aanmanings u voortdurend van bo toe, omdat u dit self moet wil dat u geluksalig sal word. Elke uur van besinning, elke tyd van innerlike inkeer sal vir u van die grootste seën wees. Dog wee hulle wat nooit tyd daarvoor vind nie, wie so aan die wêreld geheg is dat hulle nie in staat is om hulle vir `n kort tydjie van haar los te maak nie. Want My teenstander het hulle vas in sy mag en hulle sal moeilik van hom loskom, indien hulle nie gehelp word deur liefdevolle voorspraak nie, deur die aanroep van Jesus Christus, dat Hy Self hulle mag help. U sal My te alle tye kan roep en Ek sal u hoor, want Ek wil u verlos uit sy boeie, maar nie u gevangenskap verleng nie.
Dink aan die einde en dink aan die toekoms van u siel. Roep tot My om hulp. Dit moet My voortdurende aansporings tot stand bring, dat u in verbinding bly met Die Een Wie u alleen kan help - dat u u blikke en uitroepe hemelwaarts kan rig en u steeds bewus is en bly dat u nie vir ewig op hierdie aarde sal leef nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205