Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DIE KOMENDE TYD VAN LYDING. DIE DOEL VAN DIE AANKONDIGING
B.D. 1594 - 2 September 1940
Die toestand van lyding op aarde word nog erger en daar wag op die mense nie te oorsiene ellende, nood en sorge. En dit moet so wees, want sonder dit vind die mens nie die weg na God nie. Daar sal `n tyd kom, so swaar, so wat die mense dit nog nooit deurgemaak het nie; alle hoop sal verflou, iedereen se moed sal ondergaan en die swaarste depressie sal op die mensdom druk, teweeggebring deur onuitspreeklike lyding, siektes en kwellinge van allerlei aard. En tog sal dit alles verdra kan word in die vaste geloof in God, want indien die mens nie alleen sy weg gaan nie, maar God tot sy Vertroueling gemaak het, daar sal God ook steeds aanwesig wees en die nood sal hom nie neerdruk nie en hy sal die groot leed nie so aan die lyf ondervind nie.
Maar slegs weiniges sal krag en troos soek by God, vir slegs weiniges sal die goddelike woord `n bron van krag wees en weiniges, in die vertroue op God se hulp, deur Sy Wil verskoon bly van die leed. Want die geloof het verlore gegaan, dit is `n tyd van algehele afvalligheid van God. En daarom klop die Heer opnuut aan die harte van Sy kinders op aarde. Hy uiter Hom deur Sy woord en kondig hul die swaar tyd en die stryd op aarde aan, en Hy sal almal aanneem wat in hierdie nood tot Hom kom en Sy hulp afsmeek. Hy trek Hom Self die nood van Sy kinders aan, deurdat Hy alle denkbare middele aanwend om aan die mense kennis te gee van die komende tyd, as `n tyd van verskrikking en ellende. Hy wil nie dat die noodlot die mense onvoorbereid sal tref nie, Hy wil dat hulle hulleself vooraf met Hom verbind om dan die groot leed van hulle te kan afwend. Hy wil Sy skepsele vir Hom wen, maar hulle nie oorlaat aan die mag van die teenstander nie. En daarom kondig Hy voortydig hierdie swaar tyd aan en onderrig hulle wat Sy woord wil hoor.
Hy is vol Goedheid en Mildheid en sou slegs in liefde met Sy kinders wil spreek. Maar hulle hoor die vriendelike en liefdevolle woorde nie en dus moet Hy Sy Mag toon, sodat die mense Hom vrees en Hom dan leer liefhê. Hy moet Hom aan hulle as Heer van die skepping openbaar, sodat hulle Hom as Heerser erken en vra om Sy Liefde.
Maar waar die mense gelowig is, is die bewys van Sy Mag nie nodig nie, want daar het die liefde al ontwaak en die liefde vervul wat God verlang. Die Liefde van God is onveranderlik, Sy sal altyd maar uitgaan na Sy kinders wat in die gevaar is om te verdwaal. En hierdie Liefde worstel om u siele, Sy trag om Hom bekend te maak en wie self in die liefde leef, sal ook die goddelike Liefde herken. Hy sal die liefdevolle leiding deur alle verskrikkinge en leed van die komende tyd insien en hy sal hom aan die ewige Liefde vol vertroue oorgee en sonder vrees en aarseling hierdie tyd afwag.
En die Heer dink aan hulle as die tyd gekom het. Hy lei hulle vol sorg daardeur, laat alle teëspoed by hulle verbygaan, Hy versterk en troos hulle waar hulle bang en vreesagtig is, en Hy maak Hom bekend in die hoogste nood. Want die Vader in die hemel ken Syne en Hy het hulle Sy beskerming beloof, dat alle leed van hulle weggeneem sal word as hulle smekend die hande na Hom ophef. Die mens moet net glo aan God se Liefde, Goedheid en Barmhartigheid. En hy moet `n regverdige lewenswandel lei. Hy moet steeds streef na die goeie en die kwaad vermy, hy moet in innige gebed volhard en in volle geloof God se hulp verwag. Dan sal hy uit die tyd van ellende onbeskadig aan lyf en siel tevoorskyn kom, want God is almal naby wat Hom herken, Hom liefhet en hulle in kinderlike vertroue aan Hom oorgee en vra om Sy barmhartigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205