|
Boek 22 - Jesus Christus vertroos u BERTHA DUDDE
Hoofstuk 4
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18. |
|
|
URE VAN EENSAAMHEID. NOODSAAKLIKE SKEIDING VAN DIE WÊRELD B.D. 1620 - 19 September 1940 Die ure van eensaamheid verleen hom goed daartoe om die mens sover te bring tot nadenke en hy moet daarom dikwels die geleentheid soek om alle aardse drukte te ontvlug om hom aan innerlike selfbeskouing oor te gee, wat `n seënryke uitwerking kan hê. Die mens glo dikwels in sy aanmatiging om aan die eise te voldoen wat God aan Sy kinders op aarde stel, dit wil sê hy doen nie die geringste moeite om hom geestelik te vorm of `n hoër graad van rypheid te bereik nie, dus om sy wese edeler te maak nie. Hy meen dat soos hy is, is hy geskape deur God en hy gee geen rekenskap daarvan in hoeverre hy self die vorming van sy wese as taak het nie. En daaroor kan aan hom eers opheldering verskaf word as hy homself aan `n kritiese beskouing onderwerp, as hy sy handeling en denke vergelyk met die eise van God, wat Hy deur Sy gebooie van die liefde aan die mense stel. Dan sal aan hom deur die innerlike stem sy lewenswandel voorgehou word, of hy word opmerksaam daarop gemaak, wanneer sy handeling en denke afwyk van dit wat God wil. En wederom kom dit daarop neer, in hoeverre hy aan die innerlike stem gehoor gee, dit kom daarop neer of sy instelling is om teen te spreek, of die aanmaning van hulle wat hom wil help, gewilliglik aanneem. Bygevolg sal hy ook sy verdere lewe hierop instel, hy sal daarna streef om hom te veredel of ook die innerlike stem trag om te oorstem deur teenspraak wat nog seer die verlange na die wêreld tot uitdrukking bring. Want die mens wat nog so aan die wêreld hang, neem dit nie so eng met die vervulling van die goddelike gebooie, om hulle aardse voordeel te verseker nie. En so sal die aardsgesinde mens nie van plan wees om hom dikwels terug te trek in eensaamheid nie, dit wil sê sy siel snak nie na ure van innerlike beskouing nie, maar trag om hom te bedwelm en die innerlike stem te onderdruk deur die drukte van die wêreld. En dit is `n barmhartigheid van God as Hy so `n mens gedwonge in situasies bring waarin hy blootgestel word aan eensaamheid. Weliswaar kan ook die verlange na die wêreld in so `n mens met versterkte krag voordoen en kan so `n eensaamheid hom geen enkele nut oplewer vir sy siel nie; maar dikwels ook kom die mens tot insig dat sy lewenswandel nutteloos is en keer as `n ander mens in die lewe van die wêreld terug. Die innerlike beskouing het hom tot insig gebring dat sy denke en handeling tot nou toe nie die korrekte was nie en hy trag om hom en sy wese te verander en sy opmerksaamheid meer na die innerlike lewe te keer, wat hom ook sal laat slaag, wanneer sy strewe vir hom erns is, dit wil sê sy wil gerig bly op die korrekte denke. En so kan dikwels `n skynbare kwaad, `n gedwonge skeiding van die wêreld, `n uiters seënryke uitwerking hê, want as die aardse wêreld van die mens weggeneem is, kan die geestelike wêreld nader aan hom kom; waar aardse afleidings die denke van die mens nie beïnvloed nie, kan nou kragte uit die hiernamaals werksaam wees en in die vorm van gedagtes die mens opheldering verskaf oor die eintlike sin en die eintlike doel van die lewe. En die resultaat in geestelike opsig, kan die mens heeltemal skadeloos stel, voordat dit hom aan aardse vreugde ontsê bly. Amen
|
|
|
|
|