Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

"EK IS DIE WEG, DIE WAARHEID EN DIE LEWE"
B.D.5309 - 3 Februarie 1952
"Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe". Die waarheid gaan van My af uit, deur die waarheid wys Ek u die korrekte weg en dit lei na die lewe, na die ewige geluksaligheid. Daar bestaan geen tweede weg via die waarheid nie, daar is geen tweede lewe buite My nie en daar is slegs Een Wat u die lewe kan belowe, Wie dit vir u verwerf het aan die kruis. Ek het geleef en gestry vir die Waarheid en Ek het `n smartlike dood gesterf vir die enigste waarheid, sodat elkeen van u mense dit kan insien sodra hy in My glo. My weg is maklik om te gaan deur hom wat van goeie wil is. Ek het u voorafgegaan, dit is die weg van die liefde wat nooit faal nie en wat ook na die insig van die waarheid lei. Omdat Ek maar net die liefde predik, toon Ek u voortdurend die weg; omdat Ek Self die leer uitgeleef het, kon Ek ook die suiwer waarheid verkondig, want in My was alles lig en helder, Ek was van altyd op hoogte en kon derhalwe ook aan u die korrekte kennis oorbring. Maar slegs van My sal u die Waarheid kan ontvang, omdat dit van My uitgaan en dit daarom ook weer na My teruggevoer word. Wie die waarheid wil besit, moet dit van My met aandrang vra, Wie Self die ewige Waarheid is. Sonder My sal u in geestelike duisternis bly en sal u `n verkeerde weg gaan, `n weg wat na benede lei.
U, mense weet dat Ek `n teenstander het, wat wil verniel waar Ek opbou, wat die lig sou wil uitdoof, wat die duisternis sou wil uitsprei oor die mense, sodat hulle My nie kan herken nie. Hierdie teenstander probeer alles om op die weg na My, na die ewige lewe, `n rookgordyn te lê, sodat dit nie gevind sal word nie. En hierdie teenstander is `n vyand van die waarheid, soos hy ook `n vyand is van My. Want die waarheid onthul sy planne, sy aktiwiteite en sy wese, wat te verafsku is. En gevolglik val hy die waarheid aan, en steeds sal sy inspanning daarop gerig wees om My Self vir die mense onherkenbaar te maak. Hy sal My teenwerk waar hy maar kan. Hy is die Antichris, wat vir geen enkele daad terugdeins om die mense teen My te laat draai nie.
Die Antichris is in die eerste plek aan die werk teen die waarheid. Daaruit kan mens die gevolgtrekking maak dat die suiwer waarheid steeds bestry sal word, dat die verdedigers van die suiwer waarheid aangevat sal word, terwyl die dienare van die Antichris erken sal word as "verkondigers van die waarheid" en massas mense sal agter hom staan en die draers van die waarheid sal steeds meer geïsoleerd raak, omdat daar voortdurend teen hulle opgetree word. Die weg na die waarheid is smal en dit word slegs deur weiniges begaan. Die meeste mense gaan oor breë paaie en dit moet alreeds vir u `n kenteken wees wie hierdie massas aanvoer.
Wie My wil navolg op die smal weg van die waarheid sal nie baie geselskap hê nie, want die meeste verafsku die moeisame weg. Maar Ek Self is die Liefde en wie My navolg, moet ook die liefde in homself hê en dan is die weg vir hom lig en duidelik en hy sal onbekommerd oor die moeilike pad gaan, want die Doel is Ek en die ewige lewe.
Soek nie die waarheid daar waar die massas is nie. Ek Self het My weg op aarde gegaan en was steeds alleen en deur weiniges omring, terwyl die meeste mense afkeurend gestaan het teenoor My, omdat Ek hulle die Waarheid gebring het en dit vir hulle onaangenaam was; omdat My teenstander agter die massas gestaan het en teen die waarheid te kere gegaan het en steeds maar daarteen sal stry waar hy maar kan. Maar wie in die waarheid vasstaan, sien sy manier van doen in en dit sal hom nooit van stryk bring nie. Want sodra hy My navolg, gaan hy die korrekte weg en hy sal lewe tot in ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205