Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE INEENSTORTING VAN KERKLIKE ORGANISASIES - DIE WARE KERK
B.D.4768 - 28 Oktober 1949
Aan die einde van die dae word deur `n tyd vooraf gegaan waarin My woord aangeval sal word, en ook alles wat dui op My as Skepper en Behoeder. Mense sal elke geloof oor `n God wil vernietig, en dit beteken `n openlike stryd teen alles wat geestelik is. En nou sal die meeste kerklike organisasies en hulle aanhangers daardeur getref word, want mense tree teen alles op wat opvallend as verteenwoordigend vir My Ryk en My leer is. Daarom laat Ek buiten hierdie organisasies mense opstaan wat My woord verteenwoordig, hulle wat nou deur My aangestel is om My Evangelie (van die liefde) op 'n ander wyse verder te versprei, ondanks vervolging.
Hulle is deur My in die besit van die volle waarheid en daarom ook geskik om in die laaste tyd hulle medemens te onderrig. Want dit sal nodig wees om in die tyd voor die einde die mense in hulle geloof te versterk, of hulle wakker te maak. Want nou eers sal baie begin om na te dink oor die duursaamheid van die leerstellings wat so tradisiegetrou aan hulle gegee was. Hulle sal insien dat Ek nie met diegene is wat maar net deur die uiterlike kerk met My omgaan nie; hulle wat van mening is dat hulle `n voorkeur het omdat hulle tot `n bepaalde kerk behoort.
Ek het wel al My kinders lief. Sodra `n kind egter nie die wil van sy Vader vervul nie, in die sin dat hy die aan hom geleende gawe om te kan dink, nie gebruik nie en dus verstand en hart tesame nie aanspoor om werksaam te wees nie, om in te sien wanneer hy leef na My Wil en om te besef wanneer valse profete hulleself as My afgesante uitgee, verwyder die kind homself van My en hy vind moeilik weer die weg terug na My. Steeds laat Ek ook hierdie dwalendes My woord toekom, steeds benader Ek hulle en probeer hulle kennis te gee op `n direkte manier deurdat Ek My boodskappers vir hulle stuur, sodat hulle vir hulle duidelikheid kan gee. Maar hulle neem geen onderrig aan nie en hulle is sodoende ook nie meer te verontskuldig as hulle op die verkeerde weg verdwaal het nie.
En wanneer op aansporing van My teenstander hierdie mense nou hulle kerk ontneem word, dan sal alleen dié mense wat nie gaan twyfel en hulle wat vasstaan in die ware geloof en hulle wat daardeur so innig met My verbonde is, dat Ek hulle almal te alle tye naby kan wees. Hulle sal ook kerk nie so getref word deur die harde maatreëls en brutale bepalings teen die uiterlike nie, want hulle weet waar die ware kerk van Christus te vinde is. Hulle sal net steeds yweriger vir My woord opkom, ofskoon hulle ook vir die vervolginge van hom - wat teen alles stry wat tot die geloof behoort - nie veilig is nie.
Hierdie tyd het nog nie aangebreek dat u `n beslissing moet neem nie, maar dan gee u slegs die innerlike oortuiging die krag om te weerstaan, dat u in die waarheid wandel en as bewys het My woord wat Ek Self aan u gegee het. U en almal wat na u luister en My wil dien sal nou met groot oorredingskrag spreek en alles sal op u afkom, want nou weet u ook dat u nog maar `n kort tydjie moet volhou om salig te word. U weet dat al die uiterlike wel kan wankel, maar nooit die kerk wat Jesus Christus op aarde gestig het, die ware kerk - wat nie deur die poorte van die hel oorwin kan word nie.
Tallose mense sal egter van die geloof afvallig word. Hulle sal dit onbegryplik vind dat Ek die uiterlike kerk nie beskerm nie, waarvan hulle dink dat dit deur My opgerig is - en hulle lê teenoor hulleself geen rekenskap daarvan af of hulle lede is van die kerk wat deur My gestig is nie, omdat hulle nadenke daaroor verbied word. En so sal iets ineenstort wat volgens die mening van die mense "onoorwinlik" moet wees. Dit sal inmekaar sak soos `n kaartehuis, omdat dit mensewerk is wat nie kan standhou nie. Maar Myne sal hulself nie laat oorwin nie, hulle sal die geloofskrag besit wat weerstand bied, omdat hulle My bystand ondervind. Hulle sal die krag van My betrek, omdat hulle vas in My glo en daarom tot My kerk behoort wat nie deur die poorte van die hel oorweldig kan word nie.
Maar dit sal `n baie moeilike tyd wees, waar Ek steeds weer op wys om u wat aan My behoort, gedurig aan te spoor om u voor te berei om steeds weer krag in ontvangs te neem deur die opneem van My woord en die werksaamheid in liefde. Die tyd is naby waarop hierdie stryd begin en u moet gewapend wees. U moet standvastig bly wanneer iedereen faal wat `n "skyngeloof” aanhang, en wat homself in die waarheid staande waan – sonder om ooit `n gedagte daaroor te hê wat om te glo, en wat van hom verwag word. Hulle sal wankel en afvallig word van die geloof. U moet egter standhou en die bewys lewer dat die innige lewende band met My ook `n lewende geloof tot gevolg het, wat u die krag sal gee om te volhard tot die einde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205