Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

EINDSTRYD MET OF SONDER JESUS CHRISTUS
B.D.3261 - 19 September 1944
Die gelowige Christen, dit wil sê, die mens wat in die volle geloof in die goddelike Verlosser en Sy werk, uitleef op aarde, sal in die komende geloofstryd groot verligting smaak, want die barmhartigheid van die verlossingswerk sal hom duidelik toestroom, dit wil sê, die sterkte van die wil en dus ook die krag om die teenstander te oorwin, net soos by diegene wat in die geloofstryd die maatreëls uitvoer teen die gelowiges. Die geloof in Christus is die sterkste wapen en die vrees vir die vyand sal ver weg van elkeen, wat diep en vas in Hom glo, bly. Want Sy beskerming en Sy Liefde omvat syne, die mense wat aan Hom getrou is en alle wedervarings op hulleself neem terwille van Sy Naam. En Hy sal hulle help, ook in aardse nood en benouenis. Hy sal hulle laat toekom wat hulle vir hulle liggaam nodig het.
Hy sal hulle die krag gee om vol te hou, Hy sal hulle Sy woord laat toekom, regstreeks of deur tussenpersone en Hy sal ook die ontvangers van die woord beskerm en aan hulle die gawe verleen om te spreek, hulle wat steeds en oral die pad aangewys sal word as die aardse mag hulle tot verantwoording roep. - En daagliks en elke oomblik sal Hy met Sy hulp gereedstaan en hulle deur alle gevare van siel en liggaam heen lei.
Maar vir hulle by wie die geloof in Christus (Christus) ontbreek, sal die geloofstryd baie las besorg. Dit is die mense wat nie heeltemal ver van God af staan nie, wat wel glo in `n hoëre Mag, voor Wie hulle hulself eendag moet verantwoord, wat hierdie Mag ook erken, deurdat hulle vrees om God te verloën, maar die wat met Christus (Christus) geen band het nie, wat Sy verlossingswerk in twyfel trek, die wat dus Christus as Verlosser van die wêreld en as Seun van God verloën. Hulle sal in erge nood raak as hulle `n besluit moet neem, want die krag, om alles te verdra wat teen die gelowiges onderneem word, sal hulle ontbreek. En hulle sielenood sal toeneem as hulle die krag van die geloof van die Christene sien, en sal nie met oortuiging in Jesus Christus kan glo voordat die kennis oor die betekenis van die verlossingswerk, tot hulle deurgedring het nie.
En daarom sal hulle wat in Christus glo die taak hê om te onderrig en hulle in liefde te help om in Jesus Christus te glo. En daarom word, deur die woord van God van bo, steeds weer mense tot die korrekte insig gebring en sodra hulle die wil het om hulle medemens te help, sal ook aan hulle die gawe verleen word om te kan spreek as die nood van die tyd en van die mense dit vereis. Want die geloof in Jesus Christus is in die eindtyd nie eenkant te skuif nie. Hy alleen gee aan die mense die krag om vol te hou en sonder vrees met die stryd aan te gaan. Maar hierdie stryders vir Christus sal nie oorwin word nie, ondanks die groot mag van die teenstander, want Jesus Christus Self lei Sy leër en Hy voorsien hulle waarlik van die beste wapens wat `n waarborg is vir `n volledige oorwinning, ofskoon die getalle van Sy stryders klein is en erge haat deur die teenstander, hulle toegeslinger word.
Maar wie sonder Jesus Christus hierdie stryd aangaan, sal gevaar loop om omvergewerp te word, hy sal nie by magte wees om weerstand te bied en die klein geloof in God, wat hy besit, te behou nie, hy sal mismoedig word deur die hardheid van die lewe wat die diep gelowige mens op homself moet neem. En uiteindelik sal hy afvallig word, want hy is heeltemal kragteloos sodra hy geen aanspraak kan maak op die barmhartigheid van die verlossingswerk nie. Maar daarom moet hy in Hom kan glo, hy moet homself in volle geloof met Jesus Christus verbind en Hom terwille van Sy erbarmende Liefde vra om krag en barmhartigheid.
Dit sal `n sware stryd wees vir die gelowiges, maar nie sonder hoop nie, want waar God stry is ook die sege gewaarborg. Maar God en Christus is Een. En tot die geloof, tot die insig moet u, mense u medemens help om te kom, u wat deur God Self onderrig sal word, omdat dit vir u maklik sal wees om sigbaar werksaam te wees waar daar nog die diepste onwetendheid heers.
Dit is die missie waartoe God u geroep het en wat u steeds maar weer moet uitvoer, sodat die laaste stryd suksesvol mag wees vir baie mense wat nog die diep geloof mis. Want God het erbarming met elke siel wat Hom geen weerstand bied nie en daarom stuur Hy hulle Sy boodskappers, wat hulp nodig het, tegemoet.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205