Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

AANEENSLUITING VAN VERSKILLENDE GEESTESRIGTINGS IN DIE GELOOFSTRYD
B.D.3947 - 29 Desember 1946
Die verskillende geestesrigtings sal, deurdat hulle van mekaar afwyk, ook steeds in `n stille stryd met mekaar gewikkel wees, in soverre dat elkeen probeer aanspraak maak op die waarheid en hulle daarom, ander nie hulle reg wil gun nie. En tog sal hulle in die laaste tyd saamspan vir sover hulle maar die leer van Jesus Christus as grondbeginsel het en Sy Naam bely; dan word alle verskille wat daar andersins is, op die agtergrond geskuif, want al die geestelike strewes sal bestry word en elkeen wat na die geestelike streef sal aansluiting soek by die naaste wat net so gesind is.
En dus sal uit elke geestesrigting die leer van Christus te voorskyn tree en hulle aanhangers sal tot die gemeente van God behoort, tot Sy kerk wat Hy Self gegrondves het. Hulle sal deur hulle geloof in Jesus Christus aan hierdie kerk behoort ofskoon hulle verskillende geestesrigtings het. Elkeen sal die uiterlike handelinge en gebruike afwerp en alleen die innerlike band met Jesus Christus nastreef, elkeen sal die liefde bevorder, die liefde onderrig en die liefde beoefen.
Die stryd teen alle geestesrigtings sal besonder hard gevoer word, omdat die lou, geloofswakke mense afvallig raak wanneer hulle geen diep lewende geloof het nie; want hulle kan geen weerstand bied nie, hulle beswyk onder die las wat hulle deur die wêreldse mag opgelê word. En die oorsaak daarvan is die dwaling wat elke geestesrigting besit, waarop hulle skipbreuk ly as hulle deur die ernstige optrede teen hulle, gedwing word om daaroor na te dink. Wie in die waarheid vasstaan deur werksaam te wees in liefde en korrekte onderrig van die kant van die deur God gekose dienaars, sal ook die sterkte van geloof genereer en hy sal in geen enkele nood weifel nie, want die waarheid verskaf aan hom krag en die waarheid gee hom ook insig. En so is hy op hoogte van die naderende einde en die redding uit die diepste nood deur God Self.
Maar deur verkeerde leerstellings kan hy die insig nie vind nie en hy sal onseker word van die geloof en afvallig raak, as hy voor die ernstige keuse gestel word om of Jesus Christus voor die wêreld te bely of Hom te verloën. Dan sal diegene versterk word wat deur werke van liefde hulleself ontvanklik gemaak het vir die waarheid uit God; hy sal weerstand bied en geen wêreldlike maatreëls hoef te vrees nie, want hy hoop op die hulp van God, en dit sal hy ontvang in elke nood van die liggaam en die siel.
Dan sal die kerk van Christus slegs klein wees en die aanhangers van elke geestesrigting sal hulself in haar veilig voel en elke stryd sal begrawe wees, en ook alle uiterlike en seremoniële handelinge sal wegval met die oog op die grote vervolging, wat alle aanhangers vrees. En ook is dit goed vir die geestelike ontwikkeling van elke afsonderlike individu: dat hy slegs maar aandag aan die kern skenk, dat hy slegs maar die Christelike leer van die liefde as hierdie kern insien en sy geloof dus versterk word hoe yweriger hy hierdie leer naleef.
Die skare van gelowiges sal saamsmelt, en sal slegs `n klein kudde wees, slegs hulle sal vasstaan in die waarheid, in die korrekte insig, en hulle sal in die laaste dae die moeilikste beproewinge deurstaan en as oorwinnaars te voorskyn kom, want die kerk van Christus sal seëvier en dit omvat almal wat in liefde lewe en in die geloof vasstaan, wat Hom voor die wêreld erken en deur Sy Gees vervul is, as gevolg van die ononderbroke werksaamheid in liefde.
En uit alle geestesrigtings sal die stryders vir Christus hulleself verenig en hulleself tot beskikking stel vir die laaste stryd en God Self sal hulle Leëraanvoerder wees, God Self sal hulle beskerm en die skild van die geloof sal hulle beveilig en hulle onkwesbaar maak - hulle sal stry vir Christus (Christus) se Naam en die sege sal aan hulle kant wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205