Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

WATTER BOODSKAPPE WAARBORG DIE WAARHEID?
B.D.9013 - 12 Julie 1956
Solank u uself teen die verlossingswerk van Jesus Christus verset, kan Ek, ondanks My oorgrote Liefde, u nog nie in My Ryk opneem nie, want daardeur sluit u direk vir uself die poort na die ligryk; waarvan alleen Jesus Christus die toegang is. Want u wys dan met Hom ook My Self af, want Hy en Ek is Een. Eers wanneer u dit begryp, sal Ek, die oneindige Gees van ewigheid, in Hom vir u sigbaar word - en sal My Liefde u weer kan gelukkig maak. Want dan eers sal u My in Hom herken en die eertydse sonde van u afval deur My kan u nou vergewe word en u sal uself dan ook weer deur My Liefdeskrag - soos voorheen - laat bestraal.
Dat juis die begrip van die groot werk van erbarming deur Jesus Christus, vir u, mense ontbreek, is ook `n teken van die aanstaande einde, want wat dit betref het die teenstander deeglike werk verrig. Dit het hom geluk om juis oor My menswording `n ondeursigtige sluier te versprei, want hy wil verhinder dat u mense verlos word. Daarom het ook die tyd gekom waarin aan sy aktiwiteite `n einde gemaak sal word.
Oral in die wêreld is geestelike strominge wat vêr van die waarheid af staan, waar te neem, want My teenstander beïnvloed die mense vanuit die hiernamaals om hulle op `n dwaalspoor te bring. En daar is baie mense wat glo aan die boodskappe wat vanuit die geestelike Ryk kom. My teenstander kan egter ook nog baie wesens in die geestelike Ryk beïnvloed, as hy wederom poog om die onwaarheid te versprei en aan die mense oor te dra. En dat hy dikwels die geleentheid het om die mense van stryk te bring is wederom die gevolg daarvan, dat die mense hulleself nie direk tot My Self wend om duidelikheid oor waarheidsgetroue opheldering te kry nie. Daarom kan Ek steeds net sê: Glo nie aan die boodskappe waar die verlossingswerk van Jesus Christus nie vooropgestel word nie, hulle is verkeerd; ook al bevat hulle die waarheid ten dele. Want die verlossingswerk van Jesus Christus is van so 'n groot betekenis dat u daaraan die geloofwaardigheid van wat u ontvang, kan nagaan, en uself nie tevrede mag stel met kennis waarvan u nie geheel oortuig is nie, omdat u dan oor die mees belangrike, oor dit wat u die binnegaan in die lig ryk waarborg, in onwetendheid uitgelaat word.
Hoe wil u nou weet en verstaan wat waarheid en wat dwaling is, as Hy u nie onderrig nie Hy wat alles weet en u ook oor die waarheid kan inlig nie? Ook die inwerking vanuit die hiernamaals op die mense van hierdie aarde, kan Ek vanweë die vrye wil van die mense nie verhinder nie. Dog steeds dui Ek Self die mense die korrekte weg aan hoe hulle tot die suiwer waarheid kan kom. Maar ook die werk van My Gees in die mens is eerstens die gevolg van die voorafgegane verlossing deur Jesus Christus. Daarom het My teenstander vanuit die hiernamaals groot mag daar hy steeds weer hierdie verlossing teenwerk en die mense oor die ware Wese van Jesus in onwetendheid laat, omdat hy met alle moontlike middele wil verhinder dat hulle die verlossing deur Hom nog op aarde vind. Daarom beïnvloed hy ook die wesens wat hulleself alreeds verset het teen die verlossing deur Jesus Christus, sodat hulle ook sy valse leer na die aarde stuur.
En omdat Ek nou ten alle tye besig is om ook hierdie verkeerde opvatting deur ligwesens aan die lig te bring, dus ook aan sy mense die suiwer waarheid te laat toekom, gee dit vir u aanleiding om waarheidsgetroue openbarings met valse boodskappe te vermeng, dit wil sê, dat ware en valse boodskappe ewe belangrik is vir u. En omdit dit u ontbreek aan die gawe van onderskeiding, is dit dikwels moontlik dat korrekte boodskappe uit die ligryk hulself te midde van dwaallere bevind, wat wederom baie hoorders en lesers laat twyfel aan die geloofwaardigheid van alle boodskappe.
Maar dié een is `n sekere teken van valse boodskappe: Dat My menswording in Jesus Christus en My verlossingswerk nie genoem word nie, of selfs heeltemal bestry word. Daaraan kan u altyd die waarheid toets – en `n ware geestelike ontwaakte mens weet ook hoe hy sulke boodskappe kan beskou. Want juis deur sulke verwarrende boodskappe word die mense bewustelik op `n dwaalspoor gelei en dan het die waarde van My ligwesens se boodskappe ook gedaal, wat derhalwe geen ingang kan vind nie, omdat daar by die mense geen verlange meer na die suiwer waarheid is nie, want anders sou die verlossingswerk van Jesus Christus vir hulle waarlik ook begryplik wees en dan sou die onderkruipery van My teenstander nutteloos wees.
Die fout lê dus by die mense self, omdat hulle geloof skenk aan alle boodskappe uit die geestelike ryk, omdat dit van daar af uitgegaan het. Daar hulle egter nie weet dat die teenstander ook van daar sy mag kan ontplooi nie, en dat slegs die wil van die mens, om teen dwaling behoed te word, hom teenwerk. In die geval kan hy geen valse boodskappe verkondig nie, want hulle wat verlang na die suiwer waarheid - word ook gewaarborg om dit te ontvang.
Dit alles moet u weet, dan kan u uself met `n geruste hart aan die woorde oorgee wat die Gees uit My aan u verkondig. Want Ek is die ewige Waarheid en van My kan dus slegs die suiwer waarheid uitgaan. Dit is egter deur die kenmerk van die verlossingswerk van Jesus Christus gekarakteriseer, en slegs wie daarin glo, sal homself vir ewig nie meer kan vergis nie. Want vir hulle het die EWIGE WAARHEID SELF homself ontsluit. Hy het Hom aan hulle geopenbaar en hulle in die Waarheid binnegelei, soos dit aan u beloof is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205