Boek 15 - Die stryd teen Jesus Christus
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

STRYD TEEN CHRISTUS (CHRISTUS) - BYSTAND VAN GOD –TWYFEL WERKTUIG
B.D.2146 - 10 November 1941
Daar sal maar weinig mense te vinde wees wat in die tyd van die stryd teen Christus moedig en openlik vir Hom opkom, want die geloof in die bystand van God is te gering en dus vrees die mense vir hulle lewe en hulle vryheid en uiteindelik gee hulle selfs hulle geloof prys, omdat hulle meer van hulle lewe hou as van hulle siel. En slegs weinig sal dit waag om so te spreek soos wat hulle dink en slegs weinig sal die bystand van God afbid en sonder vrees vir Jesus Christus erkenning gee teenoor die wêreld.
Maar hierdie weiniges is sterk in geloof. Hulle weet dat die tyd, wat die Heer tydens Sy lewe op aarde aangekondig het, nou gekom het, die tyd waarin Hy weer na die aarde toe kom om die mensdom weer te red uit die diepste nood. Hulle weet dat die medemens in groot (geestelike) nood is en dat daar hulp aan hulle gebring moet word en hulle sien hulle taak op aarde duidelik in en probeer om dit te vervul. Dus moet hulle vry en openlik spreek, sodat die denke van die medemens gestimuleer word en daartoe gebring word om `n vrye beslissing te neem. Hulle mag nie angstig na die gevolge van hulle handelinge vra nie, hulle moet frank en vry getuienis aflê van God en dus Sy Wil in die eerste plek vervul, voor hulle `n ander verpligting nakom.
En nou sal hulle swaar op die proef gestel word. Die goddelike woord sal punt vir punt weerlê word, op so `n manier dat daar niks meer van heel sal bly nie en ook die gelowige mens sal oorval word deur twyfel oor die egtheid van die leer van Christus. En in hierdie sielenood sal Hy Homself openbaar en aan diegene wat mismoedig word, krag gee, omdat Hy sien dat hulle Hom wil dien. En nou is die mens slegs `n werktuig in die Hande van God. Want hy verrig wat God wil, hy spreek en handel volgens die Wil van God en hy vrees nie die wêreld en haar mag nie, hy plaas homself inteendeel onder goddelike beskerming. En dit is sy krag, want wie met God ten stryde trek, sal alle teenstand oorwin, hy sal sterk wees waar andere swak word, hy sal spreek waar ander swyg, hy sal werk, ook wanneer dit verbode is en hy sal weet dat hy korrek handel en dat hy nie anders kan handel nie, want die innerlike stem sê aan hom wat hy moet doen of uitlaat.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205