Boek 1 - Die Weg aan JaHshua se Volk
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

 

Hoofstuk 8

Kalender

Die vrae in My Volk rondom die Kalender wat gevolg moet word by feestye is wel ‘n saak van verwarring en groot stryd. Ek wil hiermee duidelikheid daaroor bring, sodat ieder en elk sal besef dat alles aan My onderworpe is.

Die wêreld, oftewel Babilon het ‘n kalender ingestel, wat My Volk verslaaf het om sekere dae sekere sake af te handel en ander dae verpligtend te moet rus. Hierdie is nie hoe Ek van die begin af My Volk se weë bestem het nie. Ek het bedoel dat die Volk as landbouers en veeboere die vryheid moes hê om ter enige tyd die nood van wat rondom hulle aangaan by te staan deur ‘n oorgrote hoeveelheid tyd op hande. As almal in ‘n gesin of familie mekaar bygestaan het, sou daar ook geen hongersnood of ledigheid wat uit werkloosheid spruit, voorgekom het nie. Ek wil julle weer laat terugkeer na daardie staat en daarom sal Ek verduidelik hoe die dae gesien en erken moet word.

Naweke is nie deel van My orde nie. Alle hulp en kuier by die naaste is onder die orde van Liefde en rus geregverdig, maar as jy nie jou dae in volle Liefde begin en afsluit nie, sal nie een dag vir jou die Volkome ewige rus inhou, wat Ek bedoel het jy reeds op aarde deelagtig moet word nie. Die Sabbatrus van die Melgisédek-orde, wat die Priesterorde en Hemelse orde aandui, sal noodwendig vir jou ‘n werklikheid word, as jy die dae begin erken, soos wat Ek dit nou aan jou voorhou. Amein.

Eerstens begin die dag in die aand, want uit die duister skep Ek die Lig. Die Lig sal vir Ewig voortduur en jy sal ook hieruit uit die duister die Lig aanneem en vir Ewig die Sabbatsrus ingaan.

Tweedens het elke week sewe dae, daar is nie ‘n uitsondering op daardie reël nie. Tel daarom die eerste dag van die jaar as ‘n Sabbat en volg elke sewende dag daarna as die weeklikse Sabbat. Die eerste dag van die jaar sal op die dag- en nag-ewening van julle huidige derde van die jaar val. Die feeste se Sabatte word bygevoeg by hierdie Sabatte as elke maand vier weke het en alles sal vir julle ‘n vrolikheid van uitreiking na swakkeres en hulpbehoewendes word uit die seëninge wat Ek op julle laat neerdaal.

Moenie wonder oor waar die gawes vandaan sal kom nie en moenie die gawes wat jy ontvang bloot aanneem nie. Behou altyd ‘n porsie daarvan om aan ‘n volgende uit te deel. Amein.

Wees nie hard in jou handel nie en moenie die ander aan sy eie lot oorlaat nie. Wees ondersteunend, ook wat die Sabbatsrus betref, sodat ander uit jou werke hulle geloof ontdek. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205