Boek 1 - Die Weg aan JaHshua se Volk
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

 

Hoofstuk 4

Waarheid

23/4/2009

My geliefdes wat aanhou soek na die Stem in hulle binneste en in die proses die Liefde die hoogste plek in hulle lewens gee, Ek wil weer aan julle ‘n Woord rig om julle te bevry uit die nood waarin julle julself bevind.

Kyk om jou heen en raak bewus van die marteling waardeur mense mekaar sit deur nie My waardes van Wysheid, Liefde en Krag te gebruik nie. As hierdie drie in die regte verhouding benut word, sal alles Waarheid word in hulle lewens. As ‘n mens nie toegee aan die vlees se begeerte om te oorheers, hoogmoedig op ander neer te sien of alles vir homself te hou nie, sal die uiterlike beeld van die mens getrou word aan wat innerlik in sy hart gaande is. Ek wil graag die Beeld wees wat suiwer van die hart af deurkom, soos ‘n ligglans na die persone wat hanteer word. Is jy getrou aan My Beeld van Waarheid in jou binneste?

Het jy opgemerk hoeveel van die twaalf gebooie is op hierdie Waarheidsgronde geskoei? Al die wette wat teenoor My nagekom moet word en die meerderheid van die wette wat teenoor jou naaste nagekom moet word, is gegrond op die Waarheid, in teenstelling met die leuen wat die oortreding aandui. As jy dus poog om in die Waarheid te lewe teenoor My en jou naaste sal die twaalf gebooie wel die sluitstuk op jou Menswees word. Almal sal jou aan jou Woord WIL ken. Bly hierby en jy sal LEWE. Bly ook hierby en jy sal die nood onder jou naastes só help verlig. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205