Boek 1 - Die Weg aan JaHshua se Volk
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

 

Hoofstuk 5

Vertroue

23/4/2009

Die kenmerk en kern van ‘n ware gelowige is Vertroue. Stel jy al jou vertroue in My en My Woord? Is jy gereed om alles op te gee as Ek vir jou My Woord gee dat Ek sal voorsien? Dit is wat Ek van jou vra in die veranderde omstandighede in die land. Ek het alles toegelaat om jou die kans te gee om in jou hart ook alles op te gee. Droom jy nog steeds van heerlike maaltye en luukse huise of is jy tevrede om voortaan net te leef met wat Ek sal voorsien? Het Ek vir jou ‘n Anker en Steun geword of is jy nog gebonde aan wat die wêreld jou wou bied?

Die wêreld wat Ek vir jou skep, waarvan jy konstant deel kan wees as jy wil, sal alles wat jy aan kan dink, hê om te bied. Ek hou dit egter van jou terug totdat jou vertroue en geloof dit vir jou ‘n werklikheid maak. Ek sal na jou omsien tot tyd en wyl jy nie in alle geloof voor My staan nie en al wat Ek in ruil daarvoor vra, is dat jy in volle vertroue begin opkyk na My alleen. Jy mag geen gode van andere voor My aangesig hê nie. Ek sal jou Basis en Bron wees waarin jy al die vreugde en voorsiening sal vind om selfs uit te deel. Bly deemoedig en jy sal nie moeite ervaar daarin om te deel nie.

Die grootste gawe wat jy My kan gee, is om vreugde te ervaar daarin om jou naaste te versorg, asof Ek dit deur jou doen. Só bou jy aan jou ewige huis waar jy en Ek, as Skepper, een van Wil en handel en Gees sal wees. Wil nou al om vreugde in die uitlewing van volmaakte Liefde te ervaar en jy sal die roete tot die volmaakte eenwording maklik vir jouself ontsluit. Ek is Liefde en wil deur jou Lewe. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205