Boek 1 - Die Weg aan JaHshua se Volk
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

 

Hoofstuk 3

Oorgawe

22/4/2009

Moenie lank wag voordat jy oorgee aan My nie, Ek sal nie aanhou klop nie. As jy hierdie gelees het en die getuienis van andere gehoor het, sal Ek maar etlike male jou sagtheid soek en as jy nie in Liefde begin opkyk en soek na die diepere van My nie, sal Ek jou alleen laat dat jy kan voortgaan op die weg wat jy vir jouself gekies het. Amein.

Ek sal egter jou wese verlig as jy My aanneem. Jy sal van die veran­dering in jou hart bewus raak en van die sterker gewete of bemoediging as tweegesprek tussen My en jou. Ek sal jou só sagkens in die Lewe inlei. Berei jouself dan weer voor om My te herken as jy My tussen mense sien. Dalk sal Ek ‘n ander beeld hê as toe Ek die vorige maal op aarde geleef het, maar dit sal steeds My in My volheid wees wat voor jou oë werksaam word. Glo jy in die moontlikheid hiervan, kan jy deel word van dié waarin ander My sal vind en wat met gawes bo mate sal beloon. Amein.

Soek My en jy sal My vind.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205