Boek 1 - Die Weg aan JaHshua se Volk
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

 

Hoofstuk 2

My Beeld deur jou

22/4/2009

My Volk, die versterking wat julle nodig het om voort te gaan met julle nuwe lewe is die rede waarom Ek vir julle Woord van Bo gee. Ontvang hierdie Woord as Brood in julle harte en Ek sal daar, saam met jou en deur jou begin lewe. Alles wat jy nodig het om te verstaan is in My te vinde en daarom het jy nie die grootste ensiklopedie, die omvattendste leserskring of die televisie méér nodig as net vir My nie. Ek sal alles aan jou openbaar. Begin by jou Bybel en bid heeldag om jou hartsdeure vir My te open.

As jy op My, alleen, leer vertrou, sal jy vrede vind daarin dat Ek alles op jou pad stuur wat jy nodig het om vinniger in die Geestelike te ontwikkel en jy sal vrede hê met hoe Ek vra jy jou tyd en geld moet gebruik. Alles sal vir jou ‘n vreugde word en daardie ewige rus waarin jy begin leef sal na ander uitgestraal word, as Liefde, Wysheid, Uithouvermoë en lydsaamheid, Geloof, Vriendelikheid en sagtheid, Vrolikheid en Vrede. As ander jou Lig só sien skyn, sal hulle besef dat daar iets groter en hoër is om na te strewe as slegs welstand in die aardse sin. Jy sal vir My ‘n werktuig word en saam sal ons die oorwin­ning oor nood baasraak.

Die uitdaging hierin lê in die wete dat nood weer deur die eie wil van goddelose mense bewerk sal word en dat jou gawes behoue moet bly deur vaste Vertroue, werksame Wil in die Liefde en ‘n Geloof in wat jy as Waarheid behou. Alles sal moeiliker raak met tyd en jy sal moet verstaan waarom jy op aarde geplaas is. Die groter rede vir jou terugkeer na My en My Wese is om ander te lei tot by geloof in die Almagtige Godheid. As daar van jou gevra word om jou lewe af te lê of om marteling te deurstaan of om jou persoonlikheid te omvorm tot waardigheid van die Godheid, sal jy gewillig wees om ander so na My te lei? Ek sal jou altyd bystaan in jou werk aan jou siel. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205