Die Brief van Paulus aan die gemeente in Laodicea
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4.

BRIEF VAN PAULUS AAN DIE GEMEENTE IN LAODICEA

Deur die Innerlike Woord ontvang en opgeskrywe deur Jakob Lorber

Voorwoord

In die brief van Paulus aan die Kolossense word gewag gemaak van `n brief van hierdie apostel aan die gemeente van Laodicea, wat ook vir die Kolossense van belang sou wees:

'En wanneer hierdie brief deur u gelees is, sorg dan daarvoor, dat hy ook in die gemeente van Laodicea gelees word en dat u dié van Laodicea ook lees.' (Kol 4: 16)

Hierdie brief van Paulus aan die Laodicense soek ons egter tevergeefs in die Nuwe Testament. Ondanks ywerige naspeuring moes hy tot nou toe as verlore beskou word. Mense het getrag om die brief aan Efese vir die verdwene geskrif aan te sien, maar hierdie hipotese het nie houbaar geblyk nie.

In die jaar 1844 word hierdie verdwene brief van Paulus deur Jakob Lorber via die weg van die Innerlike Woord terug ontvang. Dit is interessant om hierdie brief aan die gemeente te Laodicea met die ander briewe van Paulus, die apostel, wat in die Nuwe Testament voorkom, op taalkundige ooreenkoms te vergelyk. By `n objektiewe beoordeling sal mens die karakteristieke kenmerke van die bybelse Paulus-briewe hier sonder twyfel aantref.

By die lees sal blyk om watter rede hierdie brief deur die kerk van die vroeë Middeleeue uit die bybelse geskrifte verwyder is. Die Laodicense het, net soos die Kolossense, van die suiwerste christendom in `n seremonieël verwêreldlike christendom verval. Paulus wys hulle in sy brief in vlammende bewoording tereg. Die kerk uit die vroeë Middeleeue het hierdie brief as `n aanklag vir haar eie wêreldlike optrede gevoel en hom daarom eenvoudig net laat verdwyn.

Dit is sekerlik nie sonder betekenis dat die vermiste brief sedert baie eeue nou in ons tyd, aan die vooraand van `n nuwe tydperk, weer in sy woordelike teks op hierdie besondere wyse aan die mense teruggee word nie. Mag hy daarom nou tot die oral nagestreefde vernuwing van die godsdienstige lewe dien.

“Die tyd kom en het nou reeds gekom, dat die waaragtige aanbidders die Vader in gees en in waarheid sal aanbid; want die Vader soek sulke aanbidders.” (Joh. 4:33)

Die uitgewer.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205