Die Brief van Paulus aan die gemeente in Laodicea
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4.

Hoofstuk 1

1. Paulus, deur die wil en genade van God, `n apostel van Jesus Christus, en broeder Timotheüs,

2. aan die heilige gemeente van Laodicea en al haar gelowige broeders in Jesus Christus en aan die wyses in God se gees. Genade sy met u en ware vrede van God, ons Vader, in die Heer Jesus Christus!

3. Ons dank, loof en prys te alle tye vir God, die Vader van ons Heer Jesus Christus en het groot sorg oor u en bid voortdurend vir u tot God.

4. Want ons het deur die gees van die Heer en deur broeder Epaphras en deur Nymphas verneem, dat u in baie opsigte afvallig geword het

5. en u `n biskop en `n geestelikheid gekies het en van Christus `n afgod wil maak - en besluit het op `n bepaalde huis, `n vasdag en versierde klere wat omboor is

6. dus, soos dit gedeeltelik onder die heidene en Jode was, toe die besnydenis van die vlees nog vir God gegeld het, wat hy onder vader Abraham voorgeskryf het as `n teken van die lewende besnydenis van die gees deur Jesus Christus in u.

7. Dit sê ek nou vir u, sodat u kan ervaar welke stryd ek het, wie u nie persoonlik gesien het nie, om u ontwil moet voer,

8. en sodat u ernstig in u hart vermaan sal word en dan u liefde sal versterk, waarin alle rykdom van die seker wete is om die groot geheim van God die Vader in Sy Seun Jesus Christus te verstaan,

9. waarin tog alle skatte van wysheid en lewende kennis van die gees verborge is.

10. Ek vermaan u egter daarom, dat niemand u sal verlei deur verstandelike en mooi redevoeringe en heidense filosofieë nie.

11. Want die verstand is ook aan die diere eie, net soos die filosofie aan die heidene eie is, wat aan dooie afgode offer.

12. U is egter deur die dood van die Een gekoop tot die ewige lewe in God, die Vader; hoe sou u dan u hart, wat `n woonplek van die Heilige Gees geword het, weer aan die gees van die dooies wy?!

13. Ook al is ek nie liggaamlik by u nie, so is ek tog steeds in die gees by u deur die mag van Christus in my, en sien u geloof en u werke

14. en wil u daarom ernstig vermaan en laat sien hoe so baie van u, liewe broeders, in `n groot dwaasheid verval het; want hul drogredenasies ken ek en ek weet wat hulle wil doen.

15. Dog is dit so, dat u aan Jesus Christus moet vashou soos u Hom deur my ontvang en aangeneem het en dus moet lewe volgens die evangelie, wat ek getrou vir u gepredik het,

16. en vas daarin gewortel moet wees en standvastig wees in die geloof, dus soos wat ek dit vir u geleer het in die Gees van ons Heer Jesus Christus, die lewende Seun van God, wat heers aan die regterkant van die Vader in ewigheid.

17. Maar soos u nou wil word en dit wil hê, is u teenstanders van Christus en Sy Woord! -

18. Wat wil u dan? Sou u dan opnuut weer slawe en kortgehoue knegte van die wet, van die sonde en van die dood wil word, nadat ons van dit alles vry geword het deur Jesus Christus?

19. Luister na my! Ek sê vir u: Sien goed toe dat u nie saam gesleep en beroof word deur u wêreldse wysheid en inhoudlose leer van diegene onder u wat meer die Romeine en die blinde Jode vrees as die Heer van die Heerlikheid, wat ons verlos het en deur wie hemel en aarde en alle dinge gemaak is!

20. Toe ek by u was, het u wysgere my gevra welke verskil daar is tussen God en Sy Seun Christus. - Ek het vir hulle gesê:

21. 'Hoor broeders: God is Eén en Christus is Eén; want as daar slegs één God is, dan is daar ook één Christus. Welke verskil sou daar wees tussen God en Christus? - God is die Liefde en Christus is die Wysheid in God of die Lig, die Waarheid, die Weg en die ewige Lewe!

22. In Christus woon die gehele volheid van die Godheid self en ons is volkome in Hom; want Hy is die fondament en die hoof van alle heerlikheid, van alle mag en krag, van alle wêreldlike owerhede en `n vors van alle vorstedomme van die aarde.'

23. As ek, Paulus, dit in die gees en in alle waarheid vir u gesê het, hoe kan u uself dan nou deur die leer en die wette van die mense laat verblind?

24. U is sonder hand en mes besny deur die Heilige Gees, deurdat u u sondige lewe afgelê het, wat `n kragtige wortel in u stoflike liggaam was; en dit was `n ware en lewende besnydenis in Christus!

25. Want toe is u in u sondige vlees met Christus vir die wêreld begrawe deur die doop met die Heilige Gees en daardeur met Christus nuut opgewek deur die lewende geloof en deur die liefde tot Hom.

26. Wat wil u dan nou weer met die ou besnydenis, wat beëindig is; wat met seremonie, wat nou sonder waarde is, omdat Christus al gekom en opgestaan het en ons in Hom; wat wil u met die sabbat, terwyl Christus elke dag gewerk het en nog werk en daardeur elke dag tot `n dag van die Here gemaak het en nie die sabbat gehou het nie?!

27. Maar ek ken u, daarom sê ek vir u, dat Christus, soos Hy is, arm wil wees in die wêreld, maar u wil goud hê! Daarom wil u `n gebedshuis, `n feesdag en versierde klere hê!

28. U sê dat God deur Christus, Sy Seun, die wette van Moses nêrens afgeskaf het nie, maar dit op die laaste avondmaal veelmeer bevestig het en daar dus ook `n offerseremonie sou moet wees.

29. Ek Paulus, `n ware deur God uitverkore apostel van die Heer, is tog vervul met die Gees van God; hoe is dit dan dat God se Gees dit nog nooit vir my laat weet het nie, terwyl ek tog vóór my roeping `n hartstogteliker tempeldienaar en -kneg was as wat u ooit gewees het?!

30. Ek sal u nou dit sê: Nadat God se Gees my opgewek het toe ek na Damascus getrek het om die jong gemeente van Christus aldaar te vervolg, het ek eers - in my blindheid selfs - gesien, dat die Heer in gees en waarheid geëerbiedig en aanbid wil word, maar nimmer in `n seremonie nie!

31. Want niemand wat Hy tot Sy diens geroep het, het Hy eers blind gemaak nie; maar ek moes eers blind word, sodat ek alles wat van die wêreld is, sou verloor, om alvorens slegs één van sy geringste dienaars te kan word!

32. Waarom moes ek eers blind word? Omdat my hele wese in die materie van die tempeldiens begrawe gelê het, en sodat dit daarom van my weggeneem sou word.

33. As die Heer my egter sonder seremonie, dus in my blindheid geroep het, hoe sou ek dan ooit van die Avondmaal `n seremonie kan maak?!

34. Of is dit nie soos wat die Gees van God my altyd geleer het nie?! -Wie die lig van die oë het, kyk na wêreldlike seremonies en verlustig hom daaraan;

35. maar vir die blindes is die gehele wêreld met haar seremonies verby en ook die ou tempeldiens en alle versierde klere!

36. So is dit `n ewige waarheid dat die Heer my nie geroep het vir `n hernude instelling van die seremonie nie, maar vir die oprigting van die harte, waaromheen die Satan duisende jare al sy swaar kettings gesmee het;

37. en om aan iedereen die vryheid van die gees te verkondig, die vrede van die siel, en daarmee die ou harde bande van die dood in Christus, die Heer te verbreek.

38. Maar wat baat my leer vir u en my, wat baat die evangelie van God, indien u uself weer vrywillig in die ou dood wil begewe?!

39. Ek bid u ter wille van u ewige lewe: Laat los wat die ou gevangenskap in Babel aan alle Jode as `n sware erfenis nagelaat het!

40. Sien Babel, die groot hoer van die wêreld, word deur die Heer vernietig; want sy bring baie volkere die dood! Wat sal u egter wen, indien u van Laodicea `n nuwe Babel wil maak? Daarom, laat dit los wat opnuut die gruwel van die verwoesting sou kan veroorsaak, - waarvan Daniël geprofeteer het, toe hy op die heilige plek gestaan het!

41. Maar Christus het u lewend gemaak toe u dood was in u sondes en in die voorhuid van u vlees, en het u alle sondes kwytgeskeld wat u steeds, sowel in die tempel, as in u voorhuid, begaan het.

42. Hy het die bloedige handskrif uitgewis, wat teen ons almal getuig en wat ontstaan het deur wêreldlike leerstellinge, en ons name was met die handskrif geskrywe in die boek van die wêreld, in die boek van die oordeel en in die boek van die dood, maar Hy het dit aan die kruis genael.

43. Waarom wil u nou die deur God Self uitgewiste, aan die kruis van die oordeel, van die smaad, van die vloek, van die dood vasgespykerde bloedskrif weer daar afhaal en u nuwe name in Christus verwissel vir die oue, wat met die bloed geskrywe was in die boek van die oordeel?

44. O, julle blinde dwase van alle dwaasheid! In Christus het u vry geword - en wil nou weer slawe en knegte word van die sonde, van die oordeel en van die dood! Het u dan nie gehoor dat dit wat aan die kruis geslaan word, vervloek is nie?!

45. Maar Christus het u skande, u smaad, u sonde, u oordeel en u dood op Hom geneem en het Hom vir u as `n vervloekte aan die kruis laat slaan om u almal die volle vryheid in God te skenk; en sodat u in ere sal lewe, neem Hy al u skande en smaad saam na die kruis.

46. O, wat het u tog daartoe verlei, u wat die lewende geword het in Christus, om uself nou weer opnuut in die dood te begewe?

47. Waarmee sal ek u vergelyk, wat u sou kan tref soos `n goeie gooi die doel? Ja, u is in die opsig `n wulpse hoer wat in `n stad woon en tog `n dogter van `n goeie huis is!

48. Luister na my en knoop dit in u ore! Wat baat `n hoer se goeie afkoms haar as haar vlees tog geiler is as die vet van `n gemeste sondebok?

49. Sal sy nie in haar vertrek brandend van hartstog op en af hardloop en dan by die een, dan by die ander venster haar halwe lyf na buite steek en haar wellustige blikke na alle kante laat skiet om te kyk of sy die een sien vir wie haar liggaam van begeerte brand?!

50. En sien sy hom, dan sal sy hom deur die skalkse gloed in haar oë laat merk wat sy wil en sal so deur haar begeerte tienmaal meer met hom sondig as `n hoer met haar minnaar in die bed van die skande.

51. O Laodicenes, sien, dit is u beeld! - Weet u egter wat die eerlike menende bruidegom met so `n hoer sal doen as hy haar huis verbygaan en haar skandelike gedrag sien?

52. Hy sal haar onmiddellik uit sy hart en sy mond ban en haar voortaan nie meer aansien nie, ook al sou sy in die grootste nood raak!

53. Netso sal die Heer ook met u doen, want Hy het `n nuwe lewende tempel in u hart opgerig, van waar u verlangend na Hom sal uitsien; maar u versmaad hierdie tempel, die heilige vertrek, en hardloop van suiwer wêreldse lus na die venster van die oordeel om u daar vanweë die goud, die aansien en die heerssug te verlustig aan die wêreld, omdat u begerig is na dit alles!

54. Maar ek sê vir u: Die Heer sal Hom terugtrek en sal u in allerlei hoerery, in die ou oordeel en die ou dood laat verval, indien u nie onmiddellik omkeer en volledig u selfgekose geestelikheid, u tempel, u feesdae en u versierde klere loslaat nie; want dit alles is vir die Heer `n gruwel soos van `n wellustige hoer, wat in haar hart erger is as tien hoere van Babel!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205