Boek 5 - Die Ryk man en JaHshua
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6.

 

Deel 5

Verwag My

Deur JaHshua aan Nalize gedikteer op 22/4/2009

My geliefdes en My volk, hiermee rig Ek ‘n skrywe aan julle om julle te verseker dat Ek Myself aan julle sal openbaar op die regte tyd vir elkeen. Die geloof in die wete dat jy die Elohim/Godheid self beskou wanneer jy My sien, sal jou tot hoër geestelike sfere dryf. Ek sal aan elkeen die bewyse gee wat hy of sy nodig het om te weet dat Ek verskyn.

Die sleutels wat jou oë vir My teenwoordigheid sal open, is die sekerheid dat Liefde uit My oë straal, die gevoel dat beskerming jou omvou, die wete dat Ek sterk werksaam is in nederigheid rondom jou en dat Ek die heelal deurkruis met My Woord of Gedagtes.

Maak seker dat jy gereed is om te aanvaar dat die EEN voor jou die Almagtige self in die Lewende lywe van Sy gekruisigde Seun is. Hierdie Seun is die enigste Weg tot die ware Lewe. As jy My herken tussen die andere rondom, sal jy geluksaligheid vind bo enige perke wat die aardse bied. Ek sal aan jou die poorte van die Hemele in jouself open dat jy inwoner van My ewige Ryk kan word. Hoop daarom daarop om My te herken, so spoedig soos wat Ek verskyn. Amein.

Alles wat jy op aarde onnodig vind, sal vir jou ‘n nuttelose taak word, maar alles wat jy dan in hemelse glans beskou sal die rede word vir Lewe. Ek sal deur jou begin lewe en jy sal My herken in almal wat dieselfde as jy beleef en bereik het. Ek sal met enkele woorde deur jou begin spreek om te onderrig, bemoedig of genees en jy sal die einde van jou ontelbare gawes nie ken nie. Die skatte uit die hemelryk sal jou vul, omdat jy dan verhewe sal wees bo die grense van materie. Ek, alleen, is in staat daartoe om hierdie vir jou te gee en daarom sal Ek spoedig My besoek aan jou volbring, want die uur van vleeslike nood is nou hier.

Dit volg op die geestelike nood wat nou verby is, want almal het uit hulle slaap ontwaak en besef dat slegs Ek die antwoord op alle nood is. Nou sal die vleeslike nood julle eers vir ‘n oomblik laat fokus op die waarde van ‘n Lewende Geloof in My en wanneer jy dan in vlees en gees versterk is, sal Ek die take op jou lê, wat jou verhewe bo tyd en materie sal maak. Bou aan jou geloof in My en versterk jou wapenrusting teen aanslae van ongeloof en wanpersepsies. Ek sal alles vir jou duidelik maak as jy na My kom met kwellings en vrae. Ek sal alles vir jou open, hoe meer jy bewus raak van tekortkominge rondom jou. Ek is Liefde en sal jou verras met die besef daarvan in alles as jy My alleen soek. Amein.

 


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205