Boek 5 - Die Ryk man en JaHshua
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6.

 

Deel 4

Geloofstryd

Deur JaHshua aan Nalize gedikteer op 27/4/2009

Die werk wat hierdie kneg bring, is gelouterde silwer en goud uit My mond, dus My Woord. Ek gee opdrag dat hierdie werke as waar aan My Volk voorgehou word, sodat hulle My reeds vanaf Moederskoot kan vind.

Wees nie langsaam daarin om My Woord te aanvaar nie, want twee maal sal Ek nog klop, maar méér as dit is onnodig as jy klaar jou keuse gemaak het. As dit EK IS wat spreek, hoe gelukkig is die kneg wat Sy Meester se stem herken, want EK IS Barmhartig om hom in My Huis op te neem as kind en op te voed, sodat sy weë onberispelik verenig met Myne, Sy Huisheer, se weë. Wees gereed om te omvorm en Ek sal Pottebakker wees vir jou, klei. Amein.

Baie werk lê voor, het begin en is al ‘n geruime tyd aan die gang. Dit wat voorlê is die oorsaak van wat aangaan en verby is. Die geloof­stryd is elkeen se rede vir bestaan in hierdie uur. Die geloofstryd is egter deurgaans aan die gang as stryd tussen hemelse en bose IN jou, maar daar kom ‘n tyd oor nie soveel jare, waarin alles in duie gaan stort vir elkeen wat nie vertrou nie. As jou geloof en vertroue op die Rots is, dán sal jy Waarheid hê om op te hoop, aan te glo en met ootmoed aan vas te hou. Jy sal verenig met die Bron van Lig en sonder wantroue die Lig ook uit jou laat skyn. Sien uit daarna om daardie mate van toets die hoof te bied, want jou hart is mos by My, sonder oordeel van dié wêreld. Amein.

Alles van hierdie wêreld is op ‘n end vir ieder en elk wat My in hulleself geopenbaar vind. Ek sal elkeen omhels, met Liefde, as My Wysheid vir hulle ‘n lewenswyse en Waarheid word. Is jy een van dié wat wonder waar om My só volkome te vind? Definitief eerste in die Skrif wat deur eeue se leiding van My Gees saamgestel is. Die ander geskrifte wat uitstaande is in die algemene Skrif is nie oorbodig of onnodig nie, maar eerder nóg dieper sleutels tot My ware Weg van Wysheid, Liefde en Krag.

Ek spoor jou aan leser, lees My Woord en die tyd is vir jou ook op ‘n end om deel van die wêreld en sy dinge te wees. Dit beteken nie dat wat jy om jou sien daadwerklik tot stilstand sal kom nie, maar wel dat Ek dit vir jou in jóú hemel en aarde tot stilstand sal bring. Kyk na al My knegte se Woorde in hierdie Lig en jy sal die Waarheid daarin vind. Laat die Bose gedood word vir jou, maar laat hulle nie die oorhand oor jou lewe kry deur vrees nie. Aanvalle sal daar wees, maar glo en bid vir My beskerming en jy sal onder die arend se vleuels bly vir ewige Lewe, Liefde en Vrede. Amein.

Hoop volkome op My Woord in jou en jy sal vind dat jy geen behae en lewe meer vind in die wêreld om jou nie. EK IN jou en alles wat deel vorm van My Wese om jou word jou Krag en Vreugde waarin jou Liefde onuitputlik raak. Soek nie ver nie, soek net in jou hart, waar sagtheid vir die Lewe bestaan – daar is My Gees woonagtig in jou. Amein.

Die volkome wedergeboorte ís in hierdie begrip vervat. As jy dit regkry om volkome oor te gee, sodat jou aardse bestaan ‘n hemelse bestaan word, totaal apart van alle wêreldse, kan jy met My verenig, totaal apart van alle materie. Laat My sleutel van Liefde die oorgang wees en vind My dan in alles rondom jou, omdat dit uit My voortgekom het. Ek is egter Gees en daarom sal jy My in al die Geestelike aspekte van alle bestaan vind. Dit sal vir jou ‘n nuwe wêreld wees wat oopgaan, die ware werklikheid van My Wese, omhul deur Barmhartigheid. Amein.

Die Sabbatsrus wat jy daagliks moet vind is hierdie weg van selfverloëning tot behaging van en ín My. EK IS volmaakte Liefde. Amein.

Laat die Liefde jou Lig wees en dít sal jou lei tot by vervolmaking van jou gees in My Gees vir ewig. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205