Boek 5 - Die Ryk man en JaHshua
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6.

 

Deel 1

Die ryk man op sy weg deur die oog van ‘n naald

Aan Johan deur die innerlike Woord op 26/4/09

1Kor 1:27  maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;

1Kor 1:28  en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak,

1Kor 1:30  Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

Op 3/5/09

Die houding wat Liefde is, is Krag uit die Hoogte, dan is julle positief besig om Barmhartigheid toe te pas vir mekaar, en so groei die nederigheid in julle, en My Gees word al hoe sterker. Wat nog gebeur, julle gelate begin te skyn, want dit is Lig en almal sien My in julle en hoe die Liefde straal. Die gevoel gebeur wanneer Geduld en kalmte in die gemoed teenwoordig is en toegepas word.

1Kor 3:7  So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.

1Kor 3:8  Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.

Ek, Jahweh met Liefde. Amein.

Hoe en wat wil jy/julle bereik sonder liefde met eie krag? Is dit materie of Mammon?

Wel, met dié liefdelose houding sal julle dit spoedig regkry! Nou hoor Ek: Maar ons het ‘liefde’, ons ‘haat‘ nie, wat het ons verkeerd gedoen? Ek antwoord: Ja, julle het Liefde en dit is eieliefde en as iemand dit sou durf waag om aan enigiets van julle te raak, sal julle daardie persoon met haat hanteer, want die hoogmoed laat dit toe.

Sê nou verder waar pas Ek in die prentjie in? Ongelukkig nêrens, want Ek is net onder bespreking wanneer dit julle pas. Onder sulke omstandighede onttrek Ek en keer eers weer terug wanneer Liefde en nederigheid seëvier.

Ek, Jahweh, wat Liefde is. Amein.

 

Op 4/5/09

1Kor 3:12  En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels--

1Kor 3:13  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

Die fondament is niemand anders as Ek, JaHshua, nie. Julle is almal baie welkom om te kom bou (lewe) op die stewige, ewige fondament wat nooit deur boosheid oorwin sal word nie.

Die boumateriaal is al julle werke waarvoor julle loon sal ontvang. Julle moet al julle bose werke staak en dit kom regmaak – om vergewing daarvoor kom vra, sodat die Lig in julle kan begin skyn. Gaan dan heen en sondig nie meer nie, want dan kom die boosheid sewe maal sterker terug, en julle kruisig My weer van voor af, want dan was My Bloed nie goed genoeg gewees nie!

Die Liefde, kalmte en nederigheid is alles kwaliteite vir ‘n baie beter lewe waar dit helder dag is en geen donker kan standhou nie. Onthou, Ek dwing niemand nie en Ek raak ook nie aan jou vrye wil nie, want julle is die kroon van My skepping en Ek is lief vir julle met ‘n onmeetlike Liefde.

Ek, JaHshua, met Liefde. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205