DIE BOEK VAN DEBORA
ANELDA NEL

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11.

Hoofstuk 7.
Debora se wapenrusting.
Debora was met MY bekleed en daarom het sy elke keer die geveg gewen. Debora was met MY (Liefde) bekleed en daarom was sy onoorwinlik. Lofprysinge was op haar tong en sy het MY gedurigdeur geprys.
Kom, beklee jou met MY Liefde en die oorwinning sal aan jou behoort, want EK gee dit as ‘n geskenk aan die wat MY vurig liefhet.
Hou jou hand nie terug van jou naaste om hom te help nie, en verberg nie jou liefde vir jou broer nie, maar laat dit rein wees voor MY Oë. EK het julle baie lief en het aan die kruis MY oorgrote Liefde vir julle gewys. Waarlik, MY Liefde is groot en allesomvattend, daarom sê EK aan julle MY kindertjies om MY bo alles lief te kry, so word julle kinders van MY en engele op aarde.
Julle sal MY Hemelryk beërwe en die heelalle sal aan julle behoort, ja, alles wat aan MY behoort, sal julle ten deel val en julle sal juig en bly wees en jubel in MY, die GOD van julle heil.
Want dit is EK wat verlossing bewerkstellig, rus en bevryding is alleenlik by MY te vinde. MY kinders, EK sal julle nie in sonde laat vergaan nie, maar julle moet die keuse doen of julle bevry wil word. EK sal geeneen wat bevry wil word, se hand los en hom verlore laat gaan nie. Daarom sê EK dat jy jou moet afkeer van die sonde om sodoende bevry te raak. Moenie toegee aan jou liggaamlike drange nie, maar fokus op MY, want EK bring verlossing.
Dit is EK wat bevry, maar jy moet ook jou deel doen en heeltemal met jou sondige lewenshandel breek en jou wil tot MY rig, dan sal EK in jou werksaam raak en jy sal deur MY Gees oorwin.
 
Kom nader aan MY
Dit is EK wat bevry
EK breek kettings
Van die dood
Ja, EK maak
Volkome vry
 
Amen. Beklee julle met MY liefde, dan sal EK die oorwinning in julle hand gee en EKSELF sal julle bystaan in die geveg. MY engeleskares sal teenwoordig wees en EK sal julle uitred. Ja, verbaas sal die nasies vra hoe dit kon gebeur het en MY kinders in ander lande sal MY Hand daarin herken en begeer om ook by julle en by MY te wees.
Amen.
Hou MY altyd voor oë en EK sal jou onoorwinlik maak. Amen. Amen. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205