DIE BOEK VAN DEBORA
ANELDA NEL

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11.

Hoofstuk 6.
Debora wat MY lof besing.
Debora se lofsange het MY verbly en dit het haar ook vreugde verskaf, dit was haar vreugde om vir MY te sing. Baie mense is versterk deur haar sang en sy het ook ‘n baie mooi stem gehad wat sy net tot MY eer gebruik het.
Debora was ‘n beskeie vrou en nie hoogmoedig oor die eer wat haar te beurt geval het, omdat EK tot haar gespreek het nie. Steeds het sy haar nederig geag en MY oor alle goeie gawes geprys, want sy het gesê “ Al die lof en eer kom Jahweh toe, want HY is die Almagtige, die Aanvoerder van die leër van Israel. Keer op keer het HY die oorwinning in ons hande gegee. Luister daarom, kinders van Israel en verootmoedig julle voor die Elohim van ons vaders, HY wat ons nooit in die steek gelaat het nie, ten spyte van die opgehoopte sondes van die huis van Israel. Kom nou en buig julle neer, julle hardkoppiges en hoor die woorde van Jahweh wat tot my gekom het.
So het Jahweh gespreek: Gee ag, kinders van Israel en moet MY woorde nie verag nie, maar luister na MY, Jahweh van die leërskare.
EK sal aan julle die oorwinning gee as julle julle pligte stiptelik uitvoer en doen wat EK deur MY diensmaagd beveel. Trek uit in MY Naam en EK sal die vyand in julle hand gee. Ja, die oorwinning sal aan julle behoort as julle MY die lof en die eer wat MY toekom, sal gee.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205