DIE BOEK VAN DEBORA
ANELDA NEL

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11.

Hoofstuk 2.
Al die lof en al die eer kom MY toe.
Al die lof en al die eer kom MY toe, want EK is sterk en almagtig
En EK is ‘n Verskrikking vir die vyande van MY volk
Ja, EK sal hulle vyande uitroei voor MY aangesig
Hulle wat MY volk vertrap
Sal MY wraak aanskou.
 
En MY wraak
Sal verskriklik wees
Vir die wat opstaan teen MY volk
En hulle groothou teen MY
Terwyl hulle in hulle bose harte vra
Waar is die GOD van Israel en waarom verberg HY Hom
 
Waarlik, hulle sal met MY te doene kry
En EK sal hulle wandade vergeld
Met julle oë sal julle die vergelding van julle vyande aanskou
Want EK sal julle verlos
Van die sware juk wat hulle op julle nekke geplaas het
 
Hulle sal weet dat EK almagtig is en hulle geboortedag berou.
Hulle sal wens dat hulle nooit die lewenslig aanskou het nie.
Want EK sal deeglik met hulle afreken
 
Hulle vestings sal inmekaarstort en hulle sal nêrens ‘n skuiling vind nie
Daar sal niks oorbly van dit wat hulle tot stand gebring het nie.
Want boosheid kan nie voor MY oë bestaan nie.
 
Bring die lof en eer na MY
Net EK sal julle lei
In die stryd
En julle sal krag
Van MY ontvang
 
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205