DIE BOEK VAN DEBORA
ANELDA NEL

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11.

Hoofstuk 10
 

19 Februarie 2008

Debora, MY skugter blom

Debora, MY skugter blom

EK nooi jou om na MY te kom

En jou aan MY Lewenwater te verkwik

Dit is EK wat oor als beskik

 

Ja, MY bewarende Hand is oor jou

Wees aan MY getrou

En dra MY woord uit aan almal om jou

Bely dat jy op MY vertrou

 

En wees ‘n lewende getuie

‘n versterking vir die tye

wat kom

‘n versterking vir MY volk

in sak en as

 

EK sal kom om julle skoon te was

Skoon was EK julle en rein

Sal julle voor MY Oë verskyn

 

Wees nou gehoorsaam aan MY woord

Dan sal jul woon so ongestoord

In ‘n land so skoon en vry

Ja, vry van sonde en van smet

Want dan is EK alleen jul Wet.

 

EK Alleen is Woord en Waarheid

EK lei jul op MY weg

Versterk sal jul gaan

Na lande ver vandaan

En geen grense sal jul stuit

Julle is nie meer die buit

Van satan

Want hy is oorwin

In die dieptes is hy neergewerp

En kan julle dan nie meer verlei nie

Amen. Amen.Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205