DIE BOEK VAN DEBORA
ANELDA NEL

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11.

Hoofstuk 3
2008/02/17 10:57:47 nm
MY kinders, Debora was ‘n dogter van MY en haar lewenswandel het MY verbly. EK het tot haar gespreek en sy het MY opdrag uitgevoer, omdat EK haar kragtig gemaak het in MY werk.
Debora het die bose in MY Naam beveg en nie teruggedeins nie, omdat MY krag in haar werksaam was. SY het niks gevrees nie, omdat die liefde in haar hart tot MY, haar belet het om in MY te twyfel. Daarom het sy nooit getwyfel nie, maar haar swakke broers met lofsange tot MY versterk. Sy was ‘n rigter in die ware sin van die woord en baie mense het na haar gekom vir regspraak. Sy was regverdig en het MY in alles geraadpleeg.
Omdat sy MY bo alles liefgehad het, het sy gedoen wat EK haar opgelê het. Met vreugde het sy dit gedoen.
Wees dan soos Debora, MY kinders en moenie huiwer om MY opdragte uit te voer nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205