NATUURGEHEIME
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7.

DEEL 7
DIE ERDWURM
7 Feb.2008 07:22
Ek het weer saam met Jahshua op die bankie gesit en HY het my ‘n erdwurm gewys. Ek het gesien hoe die erdwurm deur die grond kronkel en dooie blare vreet. Twee erdwurms kom bymekaar en later lê hulle elkeen ‘n eiertjie. Daar broei ‘n piepklein erdwurmpie uit elke eier.
 
Jahshua dikteer:
MY kinders, die erdwurm is die skoonmaker van die aardbodem en is tevrede om in die diepe duisternis te leef, terwyl hy die aarde bemes en die grond lig maak. EK het dit nodig geag om die erdwurm te maak, sodat die grond, wat ook lug nodig het, kan asemhaal. Die grond val baie vas en kan dus nie produksie lewer soos wat dit moet nie. EK het MY maniere geskep om die aardbodem so vrugbaar as moontlik te hou en julle het al self gesien hoedat die grond wat deur die erdwurms bewerk word, in die beste tuingrond kan verander. Gooi maar ‘n paar dooie blare bo-op die grond neer waar daar baie erdwurms in is en kyk hoe gou die blare verdwyn. EK, as Skepper, het in MY alwysheid alles gemaak dat dit reg funksioneer en dat alles saamwerk. Daarom dat die erdwurm saam met die grond werk en dan ook terselfdertyd vir die grond ook werk. EK wil hê dat julle almal ook saam met mekaar werk en ook vir mekaar werk om sodoende die grond van julle harte vrugbaar te maak, sodat MY goeie vrugte daarbinne kan groei. MY kinders, julle moet nederig wees soos die erdwurm en laag wees, sodat julle die kosbaarste werkies kan verrig uit liefde. Daar is baie sulke voorbeelde in die natuur en Ek sal aan julle nog baie sulke dinge wys, maar onthou die erdwurms en gaan kweek sommer ‘n paar in die tuin sodat julle julle kinders van MY skepping kan leer en hulle ook die nederige erdwurm kan waardeer. EK het nie behae in kennis nie, maar wysheid, afkomstig van MY, sal almal beter mense maak. Leer julle kinders MY wysheid in plaas van die nuttelose skoolwerk wat hulle nou leer, en julle sal van hulle edele grootmense maak met beter waardes as die norm van vandag. Gaan doen MY werk in die tuin soos die nederige erdwurm en wees tevrede om die laagste werkie te verrig en jy sal verhoog word tot die tuinier en dan sal jy pragtige vrugte oes in MY Naam.
Amen
 

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205