NATUURGEHEIME
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7.

DEEL 6
DIE DWERGIE
01 Feb.2008 12:00
Ek sit by Jahshua en Hy staan met my in ‘n bos waar daar baie groot bome is. Dit is stil en Jahshua sê dat ek moet kyk na wie regs van my staan. Ek sien dit is ‘n kort mannetjie met blou klere aan. Hy sien Ons ook en Jahshua roep hom. Hy kom skugter nader en Jahshua praat met hom. Hy wil nie eintlik na my kyk nie en het ‘n kwaai gesig. Hy luister met eerbied na wat Jahshua vir hom sê. Jahshua vra vir hom waarom hy die goudrif onder in ‘n myn laat verdwyn het en hy antwoord dat hy in opdrag van Jahshua gehandel het. Jahshua vra vir hom waarom hy die kos van die mense onder in die myn gevat het en hy antwoord baie vinnig en kort-af. “Wat moet ons dan eet as ons niemand se kos kan vat nie? En dan sagter, asof hy besef met wie hy praat las hy, ‘U Majesteit,” by. Jahshua sê vir hom dat hy na my moet kyk en hy wil nie, want hy sê dat ek hom walg. Na die gesprek met die dwergie, maak hy bollemakiesies in die lug en skree van blydskap en ek vra vir Jahshua waarom hy dit gedoen het. Jahshua sê dat die dwergie gedink het hy sal in ‘n liggaam in moet gaan en toe Jahshua niks daarvan sê nie, was hy baie bly. Maar Vader roep hom weer en hierdie keer sê Vader dat ek met hom moet praat. Hy kyk na my, maar ook net omdat Jahshua vir hom sê om dit te doen. Ek sê vir hom dat Jahshua ook in die vlees gekom het en dat ek nie meer lank in die vlees sal bly nie en dan is ek ook vir ewig vry. Hy wil nie eintlik luister nie, maar doen dit net om Jahshua se ontwil. Ek moes toe die dwergie oorhaal om sy vryheid prys te gee en die vlees aan te neem sodat hy ook deur Jahshua vrygemaak kan word. Hy kniel op die grond voor Jahshua en huil. Jahshua praat mooi met hom en oorreed hom om die weg van die vlees te gaan en dan stem hy in. Hy word gebore uit ‘n mens en Jahshua wys my dat hy die kind van iemand is wat naby ‘n groot bos en in die natuur woon. Jahshua sê dat hy hom ook genadig is en daarom het hy ouers gekry wat in die veld bly.
 
Jahshua dikteer:
Ja, daar is baie van julle wat dink dat My skryfkneg stapelgek geword het met hierdie wat sy aan julle bring, maar EK sê vir julle dat daar baie dinge in die lewe is waarvan julle niks weet nie. Waar dink julle kom dwerge vandaan? Dink julle dit is iets wat deur ‘n baie begaafde verstand uitgedink is? Nee, MY kinders, die dwerg is ‘n gees van die bos en berge en hulle wandel daar in die stilte van die natuur en doen kosbare werk vir MY daar. Diep onder die grond is hulle die beste tuis en ook daar waar dit stil is in die bos en areas waar daar nie baie mense is nie. Hulle moet ook die weg van die vlees gaan, maar hou niks van die vlees nie, omdat hulle hulle vryheid geniet. Maar om heeltemal vry te wees, sal elke mens en elke gees eendag die weg van die vlees moet gaan om sodoende die ewige lewe te kan bereik. My kinders, julle moet weet dat daar baie dinge is wat nie deur julle deurgrond kan word nie, omdat EK Almagtig is en van alles weet. Wie sê dat EK nie dwerge mag skep nie? Is daar ‘n riglyn wat EK moet volg in MY skepping? Wie sê vir My wat EK mag en nie mag nie? EK is die Skepper van die heelal en niemand mag MY beveel om dinge so te doen soos wat hy wil nie. As EK besluit om iets te doen of te skep, sal niemand vir MY sê wat EK moet doen en hoe om te handel nie. Daarom wil EK julle aanbeveel om liewer MY woorde te glo, omdat EK vry is in MY doen en late. Omdat julle die dwerge nie kan sien nie, is dit nie ‘n bewys dat hulle nie bestaan nie. Julle sien die werk van die wind en daarin weet julle dat die wind bestaan. Die werk van die dwerge is om My skepping te onderhou deur te doen wat EK hulle oplê. Julle sien dat MY skepping versorg word en daarom moet julle glo dat EK sekere geeste het wat MY dien. MY kinders, van julle wat hier lees, het ook eens dieselfde pad as die dwergie hierbo beskryf, gestap. Julle sal alles kan sien en deurvors as julle MY bo alles liefhet en dinge wat vir julle voorheen soos fabels gelyk het, sal dan waar en eg hier reg voor julle oë afspeel. EK is Almagtig en kan daarom nie beperk word in MY skeppings nie en daarom kan niemand met reg sê dat dit ‘n onwaarheid is nie. EK skep en EK regeer en dit is gewis.
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205