NATUURGEHEIME
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7.

DEEL 3
Die miskruiertjie
9 Jan. 2008 10:21
Jahshua wys my iets op die grond en ek sien dit is ‘n miskruiertjie wat ‘n bolletjie mis stoot. Die miskruiertjie stoot die bolletjie tot onder ‘n klip in ‘n gat in en lê eiers in die bolletjie. Daarna kom die miskruiertjie weer uit en loop weg.
 
Jahshua dikteer:
Die miskruiertjie is ‘n wonderlike diertjie deur MY geskep om die aarde te reinig van alle mis deur die diere gestort. Deurdat die miskruier al die mis bymekaarmaak bly dit nooit net op een plek lê nie en dit word oor die aarde verstrooi waar dit dan deur die grond omgesit word in iets bruikbaar. Die miskruier lê haar eiers in die misbolletjie en daar broei die larwes uit en begin die mis te verteer wat binne ‘n paar dae tot bruikbare grond omgesit word. Sou die mis die hele wêreld vol bly lê het, sou daar binnekort baie siektes uitgebroei het en die mens sou nie daarvan vry gebly het nie. Die van julle wat wel al die bedrywighede van die miskruiertjie dopgehou het, sou al gesien het hoedat sy baie hard aan daardie bolletjie stoot en aanhou totdat sy haar doel bereik het. MY kinders, hierin is vir julle ‘n baie groot les te leer. Die miskruier doen ‘n baie nederige, maar belangrike werk vir MY, haar Skepper, deurdat sy die wêreld van kieme vry hou voordat dit die kans kan kry om uit te broei. Dit klink miskien nie vir julle na ‘n goeie les nie, maar as julle mooi daaroor gaan nadink, sal julle besef dat die werk wat vir julle na die vuilste en aakligste lyk, tog die belangrikste is. Baie keer word daar neergekyk op mense wat ook skoonmaakdienste verrig, maar dit is baie belangrike werk. Die huisvrou wat in die wêreld se oë maar net dom en agterlik is, verrig amper die heel belangrikste werk, omdat sy haar kinders in MY Naam kan opvoed as sy ‘n wil daartoe het. Kyk nie op hulle neer nie, want baie huise het al opgebreek weens die gebrek aan ‘n huisvrou wat ook voltyds ‘n ma vir haar kinders is. Weet julle dat die opvoeding van kinders hulle hele lewe daarna bepaal? Met ander woorde, wat die ma hulle leer, maak dan van hulle ordentlike mense of slegte mense en dit is mos baie belangrik vir die samelewing, né? Daarom moet julle nie op díe neerkyk wat eenvoudige werk in julle oë verrig nie, omdat die mees eenvoudigste werk dikwels die belangrikste is. Hierdie is nog ‘n belangrike les wat EK julle uit die natuur wil leer en as julle om julle kyk na MY Skepping, sal julle alles leer wat julle nodig het om die lewe suksesvol te voltooi.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205