BOEK 2 - DIE WYSHEID
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

HOOFSTUK 7

BEËRWING VAN HEILIGHEID

1) `Allerheilig' is die uitroep wat EK uit MY KUDDE se hart hoor. `Allerheilig is U lieflike wonings, Allerheilig is U binnekamer, U heilige Berg, `n Rotsvesting, U veilige vesting vir die wat U bemin. Allerheilig is die kleed van U BRUID, die ragfyn linnekleed met klokkies en goue draad versier. Heilig in die hoogste hemele is Uwe.'

2) Hierdie lofprysing vul hulle harte en speel die mooiste melodieë voor MY TROON. EK, die ANKER VAN VERLOSSING het julle nuwe lewe gegee en rigting getoon na die Waarheid. Laat LEWE julle oopsluit vir MY Heiligdom waar tyd geen betekenis het nie. Daar is julle tuiste.

3) EK alleen kan julle ophef uit die modderslyk waarin julle nou spartel en julle HEILIGHEID laat toekom. Al wat julle nie raaksien nie is `tyd'. In die ewige oomblik maak dit nie saak hoe kort of lank iets neem om te bereik nie. `n Dag is die `nou'. Maak daarom jou hart rein om nie `n oomblik langer in die `nou' van duister te wandel nie.

4) Heilig is die NAAM van die REGVERDIGES, want hulle sal MY NAAM dra as erfgename van MY HUIS. Heilig is die volle wese van MY NUWE JERUSALEM-bewoners, want hulle het met MY verenig in WAARHEID.

5) EK, JAHSHUA-MIRIAM-GEES, beveel julle om julle verganklikheid te heilig, soos wat EK julle gees heilig deur te let op die inname van julle liggame en selfs dit met MY leiding te kies.

6) Voedsel na siel en gees bepaal alles jou heiligheid en EK sal aan julle toon wat onwaardig is om met MY te vereenselwig.

7) Wees getrou tot die dood en EK sal julle heiligheid verewig.

8) Hiermee bring EK julle tot die besef dat die volheid van MY HEILIGHEID ook julle erfporsie is as julle MY aanneem. EK, JAHSHUA-MIRIAM-GEES, is Allerheilig en julle hoort by MY. Leef Heilig sodat die LIEFDE mekaar oombliklik kan herken.

9) EK neem hierdie Boek as `n VERBOND tussen MY en MY uitverkore kudde. Laat jou hart bloei vir MY en opgroei tot Engelgees wat MY Beelddraer is op aarde. Leef in die tyd en ruimte van LIEFDE, dit is ewigheid.

10) EK roep julle by die naam om te sorg dat julle hierdie VERBOND sal opneem en aanneem. Elke kind wat geloof sy doel van bestaan maak, bou jou weg met die fondasie en stene van hierdie boek en jy sal MY BELOFTES van wedergeboorte en KRAG deelagtig word.

11) Waar vele in MY NAAM verkeer en hierdie Rots hulle hoeksteen maak, sal `n LIG uitgaan wat die aarde sal lig uit haar duistere lot.

12) Bekering van die gelowige tot die Woord en Wet van ELOHIM, trek alle betrokkenes uit die moeras van sonde na die hemele. Leef in MY hemele wat EK nou laat neerdaal op julle aarde.

13) EK, JAHSHUA, deur MY MIRIAM-GEES van LIEFDE spreek met julle in oorvloed van BARMHARTIGHEID sodat julle WYSHEID kan vind.

14) Leef in alle vlakke van julle bestaan volgens MY orde en omvorm MY Skepping tot ALLERHEILIGHEID.

15) Hierdie boek is nie voltooi voordat ONS julle ingelei het in die taal van die ewigheid nie en daarom sal die volgende hoofstuk handel oor BARMHARTIGHED.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205