BOEK 2 - DIE WYSHEID
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

HOOFSTUK 4

VERGANKLIKHEID

1) Spoedig sal al die Woorde wat hierin neergeskryf is `n eenheid vorm om elke leser die geheelbeeld te gee van MY MANLIKE en VROULIKE WESE wat as EENHEID julle as kinders, sowel as elke ander lewende, voortgebring het. Julle is maar die eerstes om MY te vind. In die hiernamaals sal vele meer MY ook vind en ewig dank vir daardie genade.

2) Sekere volke sal MY in MY werke vind, ander meer gekultiveerde volke sal MY deur die oor vind, deur middel van die hart wat geraak word deur gedigte, musiek en spreekwoorde. Ander volke sal MY EENHEID vind in die WEG van die huwelik, soos die Boere van Suid-Afrika. Die huweliksband is MY manier om siele die heilige aspekte van onderdanigheid, WYSHEID, samewerking, LIEFDE en EWIGHEID te leer. Deur elke paartjie wat MY geëer het, het `n heilige nageslag hulle weg terug gevind na MY. Bid dus julle voorouers seën toe dat hulle julle herkoms heilig gehou het en doen dit ook so vir julle nageslag.

3) Weet dat die heiligheid van die huwelik net so `n ewige insetting is as die SABBAT en julle dit selfs in MY eerste Bybel sal vind as `n beginpunt vir geestelike ontwikkeling. Elkeen wat smag na sy maatjie en nederig verkleef raak aan daardie maat, sal leer verstaan hoe onafskeibaar EK van MY VROULIKE deel is. Die een is soos die ander, tog is ons twee wat EEN is in die EWIGHEID.

4) Waarom sal `n mens wonder oor sake wat hom nie kan baat nie? Wonder eerder oor sake wat die gees tot volwassenheid kan bring. Geen ander sal jou kan weerhou van groei as jy jou energie op die regte sake fokus nie. Fokus dus eerstens op wat EK geseën en verlig het vir julle, naamlik die naasteliefde in die huwelik, dan elke dag se doen en late tussen naastes en laastens aan die EWIGE of sake waarvoor MY WIL nog onbekend is. EK bly altyd en oral betrokke. MY GEES, MIRIAM, is hier om julle elkeen aan die hand te neem en na groen weivelde van verkwikking te lei. Die waters van rus vloei reeds en julle drink, tog nie elkeen ewe flink nie.

5) Wanneer kan EK MY swaar verdiende lone uithandig? Die bekragtiging is reeds om die draai en daarom mag niemand slaplê in gebed nie. Die aarde wag daarna op haar vernuwing en kan ook nie meer haar afwagting verbloem nie. Kyk na al die aktiwiteite op die aardkors, soos `n kleuter wat nie kan stilsit nie.

6) Waarheen met die wat so hard probeer om die natuurrampe te ontkom? Elkeen sal dit anders beleef, maar al wat EK van MY Geliefdes vra, is om stil te wees en in gebed vir die volke, geliefdes en aarde in te tree.

7) Waardig is elkeen wat MY aanroep uit die diepte van hulle hart, want hulle sal EK tegemoet kom met aanraking uit die ewige. Seën wat hulle nie verwag nie, sal op hulle reën om hulle menswees te bekragtig as Voorlopers vir MY.

8) Kom na MY om onderrig te word in weë wat julle ewig sal baat. Kom dank MY daarvoor dat EK weer met julle spreek, want EK sal julle hier deur MY JAHSHUA-MIRIAM-GEES lei tot vrymaking van julle kragteloosheid. Seën behels die ontsluiting van alle vermoëns wat uit Geloof en Naasteliefde spruit.

9) Dra jou wese op aan MY deur net LIEFDE te bedink en handel eerste met LIEFDE, om die WYSHEID te kry om verder te gaan. As die toorn eers deur LIEFDE versag is, sal WYSHEID die kragtigste teenmiddel toon vir die sonde.

10) Word opgelos in WATERS wat heel, want die mensdom het dit nodig. Selfs in jou eie kinders se opvoeding kom die LIEFDE goed te pas. Waak teen toorn. Werk aan jou kinders se harte deur hulle altyddeur te herinner aan hulle werke se invloed op hulle harte, wat MY HEILIGE WONING moet wees. Die verbeelding van `n kind sal dit baie makliker as julle regkry om `n `woning' vir MY te skep en skoon te hou, sodra hy of sy dit begryp.

11) Let daarom op na die invloed wat julle probleemhantering het op kinders. Hoe kleiner hulle is wanneer hulle van geloof geleer word, hoe vinniger sal hulle dit verstaan en bemeester. Geloof is die Goddelike wil om skeppend op te tree. Elke oomblik van die aardse bestaan vra geloof, byvoorbeeld om die liggaam te gebruik, is `n Goddelike wil. Dit word egter misken en daarom vorder min mense verder. As geloof jou hart brandend maak deur LIEFDE, sal WYSHEID jou leer waar en hoe Geloof jou meer diensbaar vir jou naaste kan maak. Werk dus hard aan jou geloof om lewend te word op die vlakke waar die mens bedoel is om te funksioneer. Dit onderskei hom van die dier.

12) Geloof moet groot genoeg word om soos `n baba eerste treë te begin gee. Die mens is nie in staat om alleen deur geloof te handel nie. Slegs as die mens met MY JAHSHUA-MIRIAM-GEES van LIEFDE verenig het, sal Geloof as krag daaruit spruit. Daarom kan die mens nie aanspraak maak op enige werke van Geloof nie, maar die eer sal MY altyd toekom. Geloof is egter soos `n mosterdsaad in die mens se vermoë geplaas. Oorwin net die self deur die LIEFDE, soos ook in Volume 1 van hierdie NUWE BYBEL uiteengesit en leer om MY WYSHEID te bemin as uitvloeisel van jou Liefde vir MY.

13) Sisteme in hierdie wêreld is gegrond, eerstens op tyd en ruimte en daarna, op die selfgesentreerde bevoordeling, wat Satana, haar eiendom en vasgekluisterde toestand meegebring het. Net EK kan `n vernuwing van sisteme in plek stel waaraan alle lewendes gehoor sal gee en dit sal wel soos volg lyk:

1. Die geldstelsel wat julle nou in gebruik het, moet vervang word met `n wedersydse gee-en-ontvang-stelsel. Almal moet net genoeg hê en hou wat vir hulle huisgebruik nodig is en die res aan daardie uitdeel wat `n nood daarvoor het. Voorraadskure is onnodig in tye van swaarkry waarin die mensdom nou werklik is. Hoor altyd met ore wat wil luister waarin jou naaste `n nood het en of jy of iemand wat MY volg, hom of haar sal kan help. Die gee en ontvang moet geskied in wedersydse nederigheid en dankbaarheid. As mense persele het om met ander te deel, moet dit op grond van gebedsaanduidings van drie partye bevestig word, wie die delers moet wees. In die huidige sisteem is dit baie belangrik, maar in tye wat kom, sal gebed en bevestiging aandui TUSSEN wie nuwe aankomelinge hulleself mag vestig, nie in spesifieke grense nie, want die see is die grens van `n land, maar verder moet almal vry wees om te help om die aarde te bewerk en in stand te hou en so ook te deel in die oeste. Niemand sal mekaar te nakom of tekort doen in die Liefde nie.

2. Die dae van arbei en rus is in `n vasgestelde orde. Ses dae sal jy arbei en die sewende dag rus, beginnnend met die dag-en-nag-ewening as eerste SABBAT van die jaar. Daarna op elke sewende dag vir die res van die jaar en op dag en datum van die feeste, soos aangedui in die eerste Bybel. EK het reeds Woord gegee aan hierdie kneg oor die gebruik van hierdie in `n kalender en dit sal die norm en standaard vir die hele aarde word.

3. Ware werke van Liefde berus op die instandhouding van lewe, daarom sal elke mens nader aan die natuur begin leef, hetsy in die versorging van mense, diere of plante. Elkeen het sy roeping en take en dit baar krag as dit met ywer uitgevoer word. Mense wat nie kan help nie, as gevolg van tekortkominge van liggaam of hart, het hulle rol as skakelings tussen MY en die aarde. Dit hou die samewerking van mense in beweging, soos die ratwerk van masjiene, deurdat dit mense dwing om aktief te bly rondom behoeftiges. Daar is nie tye vir stilsit en rus vir lank nie, daarom moet mense mekaar afwissel en so naasteliefde op verskeie vlakke bemeester. Behoeftiges het dus deur die staat van vernedering waarin hulle hulleself bevind, vooraf gekies om naastes so te help ontwikkel en moet in blymoedigheid en dankbaarheid hulle taak, al is dit deur gebed en vriendskap help om as dienaars te groei in geloofswerke. Dit is om te hoop op goeie resultate van hulle werk en spanwerk.

1.Nie almal is ywerige sprekers of leiers nie. Sommige is net soos `n veldplantjie wat lewe vir die son se krag en reënwater om hulle te voed, maar hulle groei as beginsel en sien uit na klein dinge. Sulke geeste moet bygestaan word en betrek word by klein spanprojekte om hulle lewensvreugde en deursettingsvermoë te help lig na hoër vlakke. Hulle is nie noodwendig gelowig nie, maar het die samehorigheid van mense nodig. Help hulle dus om dankbaar te word en blymoedig MY WIL oor hulle lewe af te bid. Elke gees se ontwikkeling op aarde is vir `n ander doel Respek-teer elkeen op die manier wat EK hulle gun om te ontwikkel.

2. Waarheid is nie vir elke mens `n noodsaaklikheid nie. Hulle wat lewe vir elke dag se werk en verantwoordelikhede is nie veel gepla oor die Waarheid wat elke erfenis, insetting, wet of gebed inhou nie. Hulle leef wel met erns en is daarom op `n ander manier betrokke by die tot stand-bringing  van MY NUWE HEMEL EN NUWE AARDE se werkings. Hulle is roetine-gedrewe mense wat vroeg opstaan om te versorg en uithouvermoë aan die dag lê om elke aktiwiteit  met sorg af te handel. Sulke werkers is soos bye en miere deel van die kolonie en belangrike werkers in die instandhouding van die sisteem, maar nie leiers in die voortbou, onderrig of beraadslaging oor besluite nie. Moenie hulle ywer onderskat of minag nie. Vertrou en deel alles met en seën al jou naastes, MY kinders.

3. LIEFDE is die WETGEWER en WYSHEID is die UITVOERDER daarvan. Niemand is in staat om dit te volbring as EK hulle nie die KRAG daarvoor gee nie. Bid dus vir WYSHEID om by julle woning te maak dat EK in julle huise kan tuisgaan, want sonder MY is julle wetteloos en dit is liefdeloos.

4. Karig is elke gawe as EK nie die beginsel, beginpunt en Gewer is daarvan nie. Moet dus nie gee, voordat jy MY nie geraadpleeg het nie. Moenie oordink om te gee, voordat EK nie jou dag en handelinge geseën het nie, want soos jy dan in oorvloed ontvang, sal jy ook in oorvloed wil gee.

5. Hoekom sal eenders-lykende vervoermiddels verskillende passasiers vervoer as dit na dieselfde eindbestemming oppad is? Slegs omdat die afdruk van die passasiers die is van MY HEILIGHEID en eiendom. EK is ewig, sonder gelyke, daarom is elke ‘passasier’ in jou liggaam ook sonder gelyke, maak elke passasier gehoorsaam aan die voertuig se reëls om van punt A na punt B te reis en jy heilig daardeur jou hele liggaam. Maak hulle nog verder gehoorsaam deur die nodige stoppunte en nuwe passasiers te eer en jy maak hulle nederig. Leef so nederig om `n suksesvolle reis te geniet en MY as erfenis te ontvang.

14) EK, JAHSHUA-MIRIAM-GEES, vul jou en elkeen om jou met MY EWIGE LEWENSASEM, sodat julle kan lewe. Hoe anders is lewe op aarde in staat? Weet jy dat as die gees in jou geblus word, jy maar slegs jou asem in `n ander oomblik terugkry? Vele het al daaroor bespiegel en gelees, maar hierdie oomblik se asemteug is net so ver van MY as die volgende s'n, solank jou hart MY nie gevind of geken het nie. As jy egter naby MY leer leef het, sal jou oë ook oopgaan in die oomblik wat jy jou asem verwissel met die `ander kant' s'n, soos julle praat en jy sal MY dadelik herken. Die Manlike en Vroulike in MY is so verenig, dat julle MY altyd in die manlike `vorm' met die vroulike `skoonheid' sal herken. Skoonheid is `n term wat die wêreld gekies het vir behaaglikheid van die siel. Aanvalligheid en behaaglikheid is gebaseer op die mens se interpretasie van wat hy voor hom sien. Aanloklikheid is meer gebaseer op die sintuiglike, waar `Skoonheid' `n verwysing is na die siel. Sodra die siel en die gees begin verenig, raak die beskrywing `behaaglik'. EK is dus `n behaging vir die siel wat MY aanskou en daarom sal die siel nie meer honger en dors ken nie. EK is alles wat `n siel nodig het om voort te bestaan. As jy dit dus reeds op aarde vermag, sal jy soos in MY dae in die woestyn `nie van brood alleen hoef te lewe nie'.

15) Waar wil die mens hulle aangesig verberg as hulle sou besef dat EK teenwoordig is in elke verligte mens om hulle? Hoe skaam sal hulle kry as hulle moes weet dat MY alwetende WYSHEID vertoef in elke hoeveelste persoon? So sal dit voorkom in die dae voor die NUWE HEMEL EN AARDE werklik neerdaal en daarom sal hulle werklik uitroep. `Berge val op ons en mure bedek ons'. EK sal hulle lot egter verlig en hulle wegneem van hierdie aarde voor hulle siel te geskok raak om MY te wil vind.

16) Waarde in elke oomblik lê in die LIEFDE wat jy uitleef. Hoe hoër jy jou naaste ag en dien, hoe meer waarde het die oomblik vir jou siel gehad. As jy net jouself behaag, het jy so goed, as daardie oomblikke uit jou lewe weggevee. Dit is soos jou aardse skatte wanneer EK jou kom haal. Dit alles verdwyn in die niet, want dit behoort nie aan jou nie. MY beloningstelstel is onmeetbaar en akkuraat. Vir elke oomblik gewy aan jou naaste, behaal jy uitermate loon in die ewige. Daarom sal die `laaste' op aarde `n `ryk' man in die ewige wees.

17) Kyk na die sterre en beskou MY almag. Lees hoeveel die mens al daarvan kon ontdek en jy besef MY Wese se omvang. Elke ster is maar `n oomblik, `n sekonde, `n kers in die Lig van MY Wese en tog deurdring en vul EK, as JAHSHUA-MIRIAM-GEES alles. Niks ontsien MY Oog nie. EK wil daarmee slegs MY LIEFDE aan jou openbaar. Bedink MY nederigheid en Grootsheid en bemin MY.

18) Hierdie hoofstuk se naam is `Verganklikheid' en dit wys alles uit wat nog met hierdie aarde te make het, sodat elke leser die kans kan gebruik om te kies tussen Waarheid en leuen of LEWE en DOOD. As jy jou keuse gemaak het deur die LIEFDE, vir MY en MY WEE, sal jy die volgende hoofstukke `n vreugde vind en verstaan.

19) EK, Jahshua, spreek deur MY GEES van LIEFDE, MIRIAM, om julle harte te laat saamsmelt as MY nuwe kudde en Verbondsvolk vir die tye wat voorlê.

20) Word lewend as `n eenheid en die een sal die ander se swakhede wegwas voor MY, sodat EK julle kan beskerm, red en bemagtig.

21) Weeklaag oor die dooies wat hulle doodsheid uitleef en geen LIG sal verstaan nie en vind MY in MY skepping van LIEFDE.

22) Weerhou jouself van openlike bande met doodsheid en sonde. Word HEILIG, want EK is HEILIG.JAHSHUA-MIRIAM-GEES, OERBRON van jou bestaan, neem nou jou hand in ONS huwelik, MY VOLK:

 

 

 

Wees geseënd in die aarde deur MY Bloed gekoop,

Wees geseënd terwyl die Leeu aan julle sy loop,

Wees geseënd as in ootmoed die wiel draai

En die arend se gesang uitrys bo die kraai.

Edel is die Volk deur MY Hand uitverkies

Edel is die Hart wat Liefde verkies,

Edel is die Man wat Hart aan Hande bind

En die kind wat opgroei, net deur MY Bloed verbind.

EK, die Begin en Einde hiervan spreek: 

Geseënd is die siel waarin MY Brood nou breek.

Amein.

 

 

 

Julle het die LEWE nou voor julle, neem dit.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205