BOEK 2 - DIE WYSHEID
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

HOOFSTUK 1

OPENINGSNOTA

1) Hierdie is die WEG wat EK, DIE OERBRON van HEMEL en AARDE vir julle wys, KINDERS van MY LIEFDE. Hierdie oomblik is vir julle `n GENADEBEWYS van MY LIEFDE, wat sonder perke en voorskrif bestaan. Elke oomblik wat julle LIEFDE vir MY vermeerder, gebeur dieselfde in MY en daarom kon MY OERGRONDPOOL van LIEFDE haar beliggaming op aarde ontvang. Die SIELEDELE van die AARDSE BESTAAN was fyn en sag genoeg. Nog een keer sal julle MY op hierdie aarde in haar beleef, dan is alles volbring vir hierdie wêreld, soos wat julle dit ken. EK red die wat verlore was en bring hulle na strate van GOUD. Onthou jy MY verduideliking hiervan? EKSELF het elke WOORD daarvan verklaar in die harte van die wat daarna verlang het in opregtheid. Word waardig aan die EWIGE LIEFDE wat op julle uitgestort moet word en bedink die weë waarop EK elkeen van julle geneem het om MY te vind. Dank MY vir die BARMHARTIGHEID wat julle koester en lewe in afwagting van die LIEFDE wat julle elke oomblik beter leer begryp.

2) Weerhou julle van bejammering van dit wat aan die verlede behoort en skyn met blymoedigheid die LIEFDE uit wat in jou vorm aanneem, want dit is hoe EK jou wil laat ontkiem en groei en vrugdra. Georden sal jou lewe wees, regverdig en sonder onheil. EK sal jou Wysheid gee om elke dagtaak uit te voer sonder bejammering van jouself en jou situasie. Elke situasie is tot rypwording van jou siel.

3) Word verlig in hierdie uur waar EK weer Woord aan jou bring, elkeen wat dit lees. EK het besluit dat die oomblik van VERLOSSING nou nog `n tree nader gekom het. EK dra julle op die hande na `n beter plek. Net die wat hierdie aanneem sal die NUWE HEMEL en NUWE AARDE beërf. Hoekom sluit EK die ander uit? Nee, geliefde, hulle sluit hulleself uit, soos gaste op `n bruilof nie die bruilofskamer sal betree nie, maar net die feesviering sal geniet en dan weer terugkeer na hulle onderskeidelike bestemmings toe, so sal EK net die wat verlangend na MY lewende, groeiende WOORD smag, die voorreg van MY beliggaming en seën gee. Wees wakker om nie jou smagting prys te gee nie.

4) Weer sal EK skryf, na hierdie BOEK van WYSHEID en die beloofde boek sal heet, BEGKRAGTIGING. Dit sal ook die LIG sien voor hierdie jaar sal draai. Volume 3 sal die finale wees, voordat die klok sal slaan en die uur van BRUILOF verby is.

5) EK neem nou jou hart, en gee jou die WEG om MY te begryp. Weer sal EK jou nadertrek en seën.

6) Jou OERBRON van LIEFDE trek met hierdie VOLUME van Wysheid, jou nader aan SY HART vol GEHEIMENISSE van die EWIGHEID. Elke Woord sal val op goeie grond as jy bewus bly van jou opdrag van LIEFDE. Waar kan jy versterking vind van jou LIEFDE tot MY en jou NAASTE? Verseker in die WOORDE van MY as `n VADER, tot jou, MY KIND, in jou hart en ook as die BRUIDEGOM vir SY BRUID in jou Gees gegraveer. Elke dag wat jy opstaan om aan MY te wy, gee EK jou LIEFDESWYN in die vorm van MINERALE in die regte hoeveelhede in jou liggaam. Hoekom kan goddeloses dan lewe op die wyse wat hulle doen, sonder tekorte in hul liggame? Dit is waar julle die fout begaan. `n Kind van MY LIEFDE wy sy LEWE aan MY deur dankbaarheid, gebed en naastediens en daarom beleef hy versadigende blymoedigheid in sy siel. Goddeloses doen alles tot bevordering van die self en die eie, hetsy familie, goed of besigheid. As jy dus die self se neigings en behoeftes oorkom het, het jy eers die titel van goddelose oorkom en begin leef in MY orde van ‘om te gee sonder voorbehoud’. Lewe met die uitroep van ‘ALLERHEILIGHEID’ en jy sal alles begin dien. So kan ook EK ook mateloos vir jou begin gee.

7) Spreek met die kinders van MY LIEFDE in besorgdheid oor hulle behoeftes. Hoor waar die tekorte is wat hulle liefdeloosheid meebring. Bid daaroor tot MY om die LIEFDE in hulle te laat ontwaak en EK sal die orde van hulle liggame herstel en verhoog tot `n hoër orde. Bid oor mekaar in die LIEFDE die seën van MY HEILIGHEID toe en EK sal alle tekorte in julle lewens wegwas. Verneder jouself voor jou naaste meer gereeld deur nie die laaste sê te hê nie en dra MY in jou hart as einde van `n gesprek, maar begin van jou groei. Jy sal slaag met die uitkyk wat MY verhoog en so sal jy `n eerste word in MY Ryk.

8) Jy wat hier lees is `n brandoffer en `n slagoffer, voor MY, JAHSHUA. Jou las het EK reeds gedra en sal ook in die toekoms die sware las van MY martelare dra wat die weg sal berei tot volmaakte LIEFDE. Werk hard aan jou insig en bevorder dit deur middel van LIEFDE. Werk hard om alles te begryp wat EK openbaar tot verlossing van jou siel uit die duister van hel wat jou omvou as aardling of mens.

9) Jy is geregtig op die uitspreek van VERLOSSING as jy jou hart gebind het aan MY ANKER VAN VERLOSSING in DIE NUWE BYBEL. Waarlik sal elkeen wat die WOORDE daarin eie gemaak het in sy lewe, nie die verrotting van liggaam en SIEL vrees nie, maar weet dat eenwording van SIEL en GEES sy lot sal wees. Word daarom vreesloos, vol vertroue in MY LIEFDE en wees BLYMOEDIG. Bid dat WYSHEID jou pad sal verlig en hoor as EK met jou spreek om te handel of te wag. Word een met MY, jou Skepper, in gehoorsaamheid aan die LIEFDE waarin jy ewig deel sal hê, omdat dit `n onuitputlike bron het in elke mens wat daarvolgens leef.

10) Wees verseker, sonder die LIEFDE is WYSHEID waardeloos, want die grondslag van WYSHEID is die LIEFDE. Net soos wat die mens gebore word om self asem te haal, word die LIEFDE lewend in die MENS om WYS te kan handel, anders is werke dood. Die graad van WYSHEID groei of ontwikkel met tyd, soos aan die mens geleer word wat fase-ontwikkeling behels. Bly daarom by MY en in MY al lyk fases stagnant, anders sal jy eindelose tye op `n vlak spandeer. Net EK weet wanneer elkeen reg is om `n nuwe vlak van WYSHEID te betree en meer verantwoordelikhede en pligte te dra.

11) Nou het die tyd aangebreek om pligte uit te deel vir MY NUWE ORDE om aan die MENS geopenbaar te word:

1. Stel jou NAASTE bo jouself

2. Stel jou begeertes uit MY as beginsel vir jou lewe en lewe so om van MY te gee aan jou naaste. Jy bly `n afbeelding van MY wat opgroei om MY werke te volbring.

3. Dra jou laste met blymoedigheid dat jy die kans het om ryper te word. Laste is MY manier om jou te versterk, net soos wat die aantrekkingskrag van die aarde gemaak is om alles wat groei, `n sterker WIL wat gerig moet word na BO, te laat ontwikkel.

4. Dra die laste van jou naaste deur sorgsaam hulle weë te aanskou en sonder oordeel in die LIEFDE `n hand uit te reik waar doodlooppaaie hulle voordoen. EK sal die gevolge seën.

it nie stil wanneer moegheid en oorwerktheid jou oorweldig nie, maar gee Brood aan MY kinders wat

1. honger is, dan sal jy versadig word met KRAG uit MY HEMELE.

2. Die ONS van die ewigheid, is `n organisme, soos `n gemeenskap miere en bye wat werk om die grootsheid van LIEFDE WYS in stand te hou. Wees deel van die ONS wat ander lei om hulle plig te besef. Dit kom neer op die feit dat geen gemeenskap kan lewe sonder `n doel voor oë en samewerking in LIEFDE om die doel na te streef nie. Word deel van die NUWE JERUSALEM deur in WYSHEID die LIEFDE lewend te laat word onder MY KINDERS. EK sal jou insig gee soos wat jy vorder.

3. Dra die ander KINDERS van MY LIEFDE op aan MY in elke gebed waarin jy MY verhoog, sodat EK die gemeenskap van wedergebore LIGWESENS hoër en hoër kan lig na MY. EK is deel van julle en kan daarom MY teenwoordigheid gebruik om julle opwaarts te laat ontwikkel.

4. Gee altyd jou beste, vir wie dit ookal vra. Gee omdat jy die geleentheid ontvang om `n GEWER van Goeie Gawes te wees. Gee omdat geen ander jou plek en Gawe kan volstaan nie en geen WESE hoër as EK bestaan om jou leemte weer aan te vul nie. Gee omdat LIEFDE opoffering is en verwag niks terug nie, want waar jou GAWES vandaan kom, is `n ONUITPUTLIKE BRON. Leef in verhouding met ewige sake wat nie tyd of ruimte ken nie, sodat die oomblikke van tekorte nie jou LIEFDE belemmer nie, maar eerder jou geloof versterk.

5. Wees `n ouer, `n gade, `n versorger, `n maat met WYSHEID as beginsel, deur nie na ander te kyk vir raad nie, maar na MY te verlang as MEESTER in die uitleg van oplossings en die dra van laste.

6. Wees `n meester oor jou probleme en foute, omdat volmaaktheid spruit uit WYSHEID. Wees `n LIG deur jou tekorte te laat verdwyn in die ewige sprankel wat alles omvou. Weet dat as jy jou tekorte oorwin, jou grense verbreek word. Wat is tekorte dan in hierdie uur? Elke saak wat jou laat dwaal en sloer om LIEFDE teenoor jou naaste uit te leef, behoort aan goddelose denke. EK sorg vir en bemin AL MY KINDERS van MY LIEFDE. Wat verenig julle as KINDERS voor MY? Wel die feit dat deur die MOEDER VAN LIEFDE elke WESE wat beliggaam word op aarde die weg stap wat lei tot begrip van WAARHEID, dit is WYSHEID. Weerhou jouself van neerdrukkende gedagtes, want deur geloof word LIEFDE gebou. Dra mekaar op die hande, want dan sal WYSHEID in jou hart vermeerder en jy jou naaste se Weg na BO stuur. Breek die verlede se negatiewe gedagtes deur jouself lief te hê as afbeelding van MY VOLMAAKTHEID EN SKEPPENDE VERMOËNS.

7. Dra jou dag op aan MY, voordat jy dit aanpak. So laat jy MY toe om dit te seën en te rig. EK sal elke saak aan jou uitlê en jou VREDE gee in die uitvoering daarvan, omdat EK jou KRAG gee.Jou LIEFDE vir MY ontwikkel uit die HEILIGE LIEFDE vir jouself. Sonder eieliefde, gegrond op die WARE, ewige lewensbeginsels kan geen MENS MY erken, dank en verhoog nie. Wees van nuuts af ootmoedig in die wete dat EK net die beste vir die KINDERS VAN MY LIEFDE bestem, hetsy dit op aarde bereik word, of in die hiernamaals. Eers as die siel alles opgeoffer het

1. om te gee, sal sy in staat wees om die ontvang, te eer en te heilig. Groei daarin, sodat selfs jou liggaam vernuwe sal word.

12) Ewig is die WOORDE wat hier neergeskryf is, aangesien die uur vir vernuwing aangebreek het. Die aarde is laaste in die ry, maar die MENS is die begin van alles. Draai jou `sente' om, soos in die gelykenis, om soveel as moontlik aan MY te toon as EK besoeking doen. Laat dit vermeerder deur WYS te handel en soek daarom die LIG. Dwaasheid is ledig, duister en vol konkelwerk.

13) Voltooi is die openingsnota van hierdie BOEK VAN WYSHEID aan MY KINDERS. Met seën en LIEFDE, spreek EK, JAHSHUA, die EWIGE, ALMAGTIGE van HEMELE EN AARDE julle toe as GESALFDE.

14) Word ware KINDERS VAN MY LIEFDE deur onderhouding van MY WOORD. Daarin lê EWIGE seën.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205