Boek 6 - Die Voorloper in jou
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

 

Deel 2

Die volgende gedeelte is profetiese Woord wat gedurende 1950-1965 gegee is aan `n Duitse vrou, Bertha Dudde, aangaande `n groep mense wat aan die eindtyd, kort voor die wederkoms, sal getuig vir JaHshua. Uit hierdie groep sal die Krag, die Voorloper kragtig tevoorskyn kom en getuig tot aan die einde.

Hoofstuk 1

Belliggaamde Wesens en die Voorloper

BD 4899 - 18 Mei 1950

(Uittreksel)...... Talryke wesens is momenteel op die aarde beliggaam, omdat die groot geestelike nood ook buitengewone hulp vereis, wat slegs die ligwesens kan verleen. Hulle ligsiele is meestal geestelike leiers, dit wil sê hulle staan deur `n lewenswandel na aan My Wil en in noue kontak met My, en hulle kan My leringe dus direk ontvang en aan die mense oorbring. Die wesens besit `n graad van rypheid wat `n afsinking na die dieptes onmoontlik maak. Hulle gaan derhalwe ook altyd in die grootste deemoed deur die aardse lewe en trag slegs om

Ook die volmaaktste geeste uit die Hemel sal hulself tydelik beliggaam om `n geestelike vooruitgang onder die mense te bereik, want sonder so `n hulp sou die mense te swak gewees het vir teen­stand. En dan kan die dooies ook uit hulle grafte (van die geestesnag = opm.v.d.uitg.) verrys, en die wat in die gees volledig blind is, kan deur `n helder verligte bliksemstraal van bo wakker geskud word en siende word.

(19 Mei) Dan is dit egter die tyd van die einde waarin ook My Wederkoms te verwagte staan, wat ook steeds aangekondig word deur sieners en profete. Voordat Ek egter sal kom, sal die "grootste lig" op aarde straal, maar in die eenvoudigste gewaad. Die "lig" (die Voorloper) sal nogeens van My getuig soos wat hy dit gedoen het voor My optrede in die vlees op die aarde, alvorens Ek aan die mense, vir wie Ek die Evangelie gebring het, onderrig het.

Hy was My Voorloper en sal dit ook nou weer wees. U mense, sal hom aan sy spraak herken, want hy sal dieselfde woorde kies en van My getuig soos wat hy dit destyds gedoen het. Sy gees sal slegs na die aarde toe kom om die Wet te vervul, derhalwe moet hy My voorgaan in die volste insig van sy herkoms en sy opdrag.

Hy sal alles deursien en sal ook sy aardse lot ken waaraan hy homself egter nie onttrek nie, want dit behoort ook tot die verlossingswerk waaraan hy deelneem, uit liefde vir die onverlostes. Hy weet dus dat die missie eers met sy dood vervul sal wees en hy het geen ander verlange as die uiteindelike vereniging met My, sy Meester en Leraar, sy Vriend en Broeder, sy Vader van die Ewigheid. Wanneer hy sal verskyn, is die einde naby, want Ek sal hom spoedig opvolg en My aankondiginge waar maak.

My Wederkoms is die laaste fase voor die algehele vernietiging van die aarde met alles wat leef, en dan word vervul soos wat dit geskrywe staan: Daar sal `n nuwe hemel en `n Nuwe Aarde ontstaan, waarin Ek in die midde van Myne sal wees. Waar slegs een Herder en een kudde sal wees, omdat almal wat lewe, met My verbonde sal wees en hulself sal oopstel vir My verblyf onder hulle. Dan sal alle mense op die Nuwe Aarde My kinders wees tot wie Ek self sal kom as Vader, om aan hulle te gee wat hulle sal salig maak.

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205