Boek 6 - Die Voorloper in jou
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

 

Deel 1

Hoofstuk 1

Wedergeboorte as konsep

Ek, die Skepper van alles wat bestaan, het ook die moontlikheid vir alles wat bestaan geskep om volkome met My te verenig. Hierdie vereniging staan bekend as die Wedergeboorte in moderne taal en hierdie skrywe het ten doel om jou, leser, op die Weg daartoe te lei.

Die eerste boek in My Reeks het aan jou getoon hoe om te lewe om My te vind, die tweede, hoe om te lewe om My lief te hê, die derde, hoe om te lewe om jou plek volwaardig in te neem as My Skepping, die vierde, hoe om My in jou daaglikse bestaan te vind en teen­woordig te voel, die vyfde, hoe om jou wese aan My oor te gee. Die sesde is nou die voorloper in jou en die sewende is volwaardige diens in My Ryk. Amein.

Hierdie werk is die sterkte wat jy nodig het om die Krag in jou te ontsluit. Ek openbaar dit aan jou, omdat jy, My skepping, My Liefde in jou dra en uitleef en omdat jy, My Liefling, nou My kinders opvoed in My diens. Jou werk IN My het begin deurdat jy nou jou lewe opgegee het om alles in My joune te maak, ook die nederigheid, ter oprigting van jou swak naaste. Ek het ieder en elk geskape en daarom sal Ek nie toelaat dat julle verlore gaan nie. Ek is hier om julle nader te trek aan My boesem en elkeen wat gesoek het, het My nou in hulleself gevind. Laat dit daarom dan nie lank uitbly om My te openbaar in die Liefde aan jou naaste nie. Jou woord en daad kan dié van My wees as jy dit ter harte neem om tot op hierdie vlak met My te vorder. Amein.

Waarom soek jy My in jou naaste alleen as Ek nog die hele tyd jou gevoel is om jou deur al die skrywes en oefening tot eenwording te lei en te help? Waarom vind jy nog nie jou naaste in My nie? Is dit nie goedgelowig om te dink dat almal My Beeld dra en uitleef, al fouteer hulle soveel rondom jou nie? Waarom is dit vir jou moeilik om jouself in My te vind? Dalk omdat dit sleutels ontbreek wat jou met My verenig? Hier is Ek dan nou om dit aan jou te gee en te ontsluit, omdat geen ander buite My dit kan doen nie. Jy het van My uitgegaan om weer na My te moet terugkeer en om dus weer met My te verenig. Maak dit nou jou grootste doelwit en jy sal die roete daarheen, wel op die nou pad, nie te swaar vind nie, want Ek het reeds jou las gedra. Amein.

Die las waarna Ek verwys is lank voor die grondlegging van die aarde daargestel toe jy en vele ander dalk die weg van eiewaan gekies het om self te heers buite My. Lucifer se val het vele agter hom aangetrek en Ek, as Liefde, het ingetree om julle vernietiging barmhartig af te wend. Ek het die Godheid om Barmhartigheid gesmeek, sodat julle nog ‘n kans op ontwikkeling en terugkeer mag hê, alhoewel in ‘n gekluisterde toestand. Die toestand waarin jy jou nou bevind, is die kluistering in die materie, wat My noop om aan te hou groei in Barmhartigheid. Alles van die Godheid kan vergroot, net soos die Liefde en Wysheid. Die Krag vergroot, sodra jy as skepping weer terugkeer en verenig met die Godheid, want dan ís jou Krag op ‘n hoër vlak. As jy nie deel was van dié wat uit eie wil wat na die verkeerde kant begin draai het, geval het nie, dan is jy deel van dié wat ooreengekom het om My liggaam aan te neem as Mens en te kom herstel en lei. Jy het dan ‘n baie groot verantwoordelikheid en nie noodwendig ‘n kleiner kans tot groei in die Drie-eenheid as die res waaronder jy diens moet doen nie. Jy moet maar net jou plek en plig opneem en begin dien. Amein.

Die diensbaarheid lê eerstens daarin dat jy jou liggaam bekeer tot reinheid en Ewige Lig. Tweedens lê die diensbaarheid daarin dat jy jouself per keuse weer aan My as skepsel onderwerp en My alleen wil behaag. Derdens is die keuse joune om alles op te gee, sodat geen besit of belange jou van diensbaarheid onder jou naastes wegtrek nie. Laat Ek jou droom en toevlug bly en jy sal die grootste vreugde in My in almal rondom jou vind. Soek My – Ek is altyd te vinde.

Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205